Op Saterdag, 3 Mei, het die klub van Mount Pleasant in Hermanus hier plaaslik teen ons 'n vriendskaplike wedstryd gespeel. Ongelukkig kon hulle net 5 spelers bring en nie 8 soos beplan nie. Tog het ons 'n heerlike middag se tennis geniet en die wedstyde was kop-kop met tellings soos 6-4 ; 7-5 en 7-6 in die meeste wedstryde. Aan die einde van die dag het Gansbaai gewen met 6 wedstryde teen 4. Daar is afgespreek om meer gereeld sulke dae tussen die twee klubs te reël.
Op 18 Mei vertrek die 50+ groep vir hulle Interpro wedstryde in die George-omgewing. Sterkte aan al die Bolandspelers.
Sosiale tennis op Woensdae om 09:30 by die munisipale bane en Saterdae by die skoolbane om 14:00.
Tennisgroete,
Daneel Geldenhuys