DA se Dankie

DA se Dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se DA-tak het weer eens by wyse van ‘n funksie op 9 Mei 2014 dankie gesê aan almal vir hul harde werk en ook ondersteuning.

Rdh Pieter Scholtz het die verwelkoming behartig en daarna verwys dat hierdie permanente wyse van dankbetuiging oor vele jare heen ‘n tradisie geword het. Hy het onder luide toejuiging in ‘n stampvol Toerismesaal oor enkele hoogte-punte gedurende die verkiesingstydperk, stemdag en die DA se voorlopige suksesse gepraat.

Kobie van Wyk het rdh Scholtz en sy eggenote, Ans, spesiaal uitgesonder vir hulle absolute toegewydheid en harde werk oor vele jare heen.

Die volgende amptelike bedankings is deur rdh Scholtz voorgehou: Alle DA-ondersteuners by die stembusse; Almal wat hard en met toegewydheid gewerk het, asook almal wat moontlik uitgelaat is. Enkele uitsonderings (alfabeties) is gemaak: Alec Kitley (aktief betrokke sedert 2000, asook opsit van plakkate; Ans Scholtz (‘n steunpilaar en reël van verversings sedert 2006, asook tydens openbare vergaderings, asook DVD’s met foto’s); Elizabeth Kondokter (lojaliteit); Gansbaai Courant (gebalanseerde beriggewing); Gansbaai SAPD (teenwoordigheid by stembusse); Glenda Kitley (Toerismesaal); Helmien (wat spesiaal vanaf Lephelale (Ellisras) gekom het om te registreer en daarna om te kom stem, asook andere wat dit ook gedoen het); James en Moira Opperman (registrasieproses); Neels Claassen en Kobie van Wyk (opsit van plakkate); OVK (wat in die groter Gansbaai vir ‘n vry en regverdige verkiesing gesorg het); Stembus-kapteins rdl Oosthuizen, rdl Opperman, rdl Ndevu en Rina de Coning; “en laastens aan ons Hemelse Vader vir die voorreg wat ons het om in hierdie pragtige deel van ons mooi land te woon.”

Daarna is daar gesellig saamgekuier en heerlik geëet aan ‘n smaaklike bord kos en nagereg.

Woensdagaand, direk na afloop van die verkiesing, het etlike DA-lede vanuit alle gemeenskappe in afwagting vir verkiesingsuitslae in die lokaal van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde vergader, wat ook lankal reeds ‘n instelling geword het.

Daar is vrolik vleisgebraai, geëet en gekuier, met etlikes wat nie kon stilsit nie en heerlik gedans het.

Hardus Botha

Foto 1: ‘n Gesellige oomblik aan een van die tafels tydens die DA se Dankie-sê Funksie, met rdh Pieter Scholtz en sy eggenote, Ans agter aan die kop van die tafel

DA se Dankie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles