Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Ministers Fraternal onder leiding van ds Dennis Naidoo het op Verkiesingsdag, 7 Mei 2014 om 06:00 vir ‘n Verkiesings-gebedsoggend bymekaar gekom.

Die vroeëoggend gebedsgeleentheid is deur bykans 20 verteenwoordigers in OMGEE Bedieninge se saal bygewoon. Verteenwoordigers vanuit etlike kerkge-meentes in en om Gansbaai was daar. Die groep het begin deur God Bless Africa saam te sing, waarna ds Dirk van Dyk van die NG-gemeente die verrigtinge met gebed ge-open het.

Gansbaai Ministers Frateral se voorsitter, ds Dennis Naidoo het die Skriflesing waargeneem. Hy het uit Spreuke 21 gelees, met die klem op almal en alles wat onder die gesag van die Here staan en dat die oorwinning aan God behoort. “Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.” (vers 31). Alle verteenwoordigers het daarna die geleentheid tot gebed ontvang. Daar is deurgaans op onderlinge vrede en verdraagsaamheid op Verkiesingsdag gefokus, veral met verwysing na gebiede waar groot onrus heers. Hierdie reëling deur die Gansbaai Ministers Fraternal was sonder twyfel baie gepas en ‘n goeie onderlinge gees van samehorigheid het tussen die verteenwoordigers geheers. Past Frikkie Zeelie van Gansbaai AGS het die verrigtinge met gebed afgesluit, waarna almal saam die Nasionale Volkslied staande gesing het. Rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester en Fanie Bothma, voorsitter van Gansbaai Sakekamer het die verrigtinge ook bygewoon. Die groep het daarna ontspanne met ‘n koppie koffie verkeer.

Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal kan aan ds Dennis Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.

Hardus Botha

Foto : Die groep verteenwoordigers op Gansbaai Ministers Fraternal wat ‘n verkiesings-gebedsoggend bygewoon het, met voorsitter ds Dennis Naidoo voor regs

Fraternal se Verkiesings gebedsoggend

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles