Internasionale Verpleegstersdag

Internasionale Verpleegstersdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

12 Mei staan jaarliks bekend as Internasionale Verpleegstersdag ter ere van verpleegsters wat hulle kennis en tyd met liefde en toegewydheid ten bate van pasiënte inspan. Verpleegsters word allerweë as die hartklop van gesondheidsorg erken. Die Bestuur en Beheerliggaam van Herberg-aan-See (HaS) het ook die nodige erkenning teenoor hulle verpleegsters gegee.

“In ons geval waar die groep relatief klein is, werk alle personeel hier as ‘n span saam en het ons dit goedgedink om aan almal in ons personeelkorps ‘n blyk van waardering te oorhandig,” het John van Rooyen, Bestuurder van HaS gesê. “Dit is ‘n groot voorreg vir my om almal van julle, ingesluit ons eie Florence Nightingale, Suster Linda Meyer, van harte te bedank vir die harde en opofferende werk wat julle bereid is om te doen.”

Op haar beurt het Suster Linda Meyer, wat sedert 1959 (55 jaar gelede) in die verplegingsberoep dien, almal bedank dat hulle bereid is om soos voorbeelde van Florence Nightingale hulle pligte in liefde te verrig. Linda het ook die agtergrond-geskiedenis van Florence Nightingale kortliks aan die teenwoordigers oorgedra, waarna sy die blyke van waardering aan elkeen oorhandig het. Tans is daar sowat 17 verpleeg-personeel in diens, maar die nagpersoneel kon nie tydens die foto-sessie teenwoordig wees nie. “Al wat ek trots van julle kan vra, is om vol te hou met die wonderlike werk waarmee julle besig is,” het Linda gesê.

Florence Nightingale is op 12 Mei 1820 in Florence, Italië gebore. Alhoewel sy deel van ‘n welgestelde familie was, het sy (met hewige teenkanting) geroepe gevoel om ‘n verpleegster te word. Sy het ‘n enorme bydrae op verskillende gebiede in hierdie verband gelewer en tydens die oorlogsjare het sy die titel Lady with the Lamp gekry. Florence het later die Nightingale-fonds gestig en die eerste opgeleide verpleegsters het op 16 Mei 1865 begin werk. Sy is in 1910 in die ouderdom van 90 in haar slaap oorlede.

Die Internasionale Raad van Verpleegsters se tema vir vanjaar se Verpleegstersdag is: “Nurses: A force for change. A vital resource for health”.

Hardus Botha

Slegs ‘n deel van Herberg-aan-See se verpleegsters op Verpleegstersdag, met die nagpersoneel wat nie teenwoordig kon wees nie

Internasionale Verpleegstersdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles