OMGEE se Teelepelete

OMGEE se Teelepelete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gaste tydens OMGEE Bedieninge se Teelepelete op Sondag, 4 Mei het die gaste weer eens verras oor wat alles met ‘n teelepel gedoen kan word - mits die hoeveelheid disse voldoende is. En disse was daar meer as genoeg - 21 daarvan, ingesluit verskeie negeregte. Die gedagte is dat daar net ‘n teelepel van elke dis opgeskep word, maar dit is verbasend hoe maklik die borde vol raak.

“Vanjaar se Teelepelete is nog beter bygewoon as verlede jaar met die sowat 120 kaartjies wat verkoop is en die bykans 100 gaste wat opgedaag het, met die res wat as wegneemetes opgeskep is,” vertel ds Deon Klopper. Soos verlede jaar was daar weer enkele gaste wat gedink het die bord gaan te leeg wees en dan is daar so ‘n “ekstra ou lepeltjie” opgeskep, maar vinnig het dit dan ‘n rooi gesig of wat veroorsaak as die bord al byna vol was voordat die einde van die ry disse bereik is. Dan was daar nog geleentheid vir die gebruiklike “seconds” ook vir diegene met ‘n groter aptyt. Die nagereg het natuurlik goed onder die teelepels deurgeloop. Die gesellige atmosfeer was bykans oorverdowend soos wat daar gekuier en gesels is, asof almal mekaar van kindsbeen af ken.

“Die ete is weer eens as ‘n gemeenskapsprojek gereël, maar wat dit nog meer aangenaam gemaak het, was die teenwoordigheid van verskeie kerkgroepe wat gesellig saamgekuier en saamgeëet het,” sê Deon. Foto’s is deur Jane Bailey geneem.

Hardus Botha

Foto 1: Opskeptyd met ‘n teelepel, maar meer kos word so geskep as wat mens sou kon dink

Foto 2: ‘n Gesellige oomblik aan tafel waartydens OMGEE Bedieninge se smaaklike Teelepelete geniet is

OMGEE se Teelepelete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles