Vangste die laaste klompie jare

Vangste die laaste klompie jare

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede week het ek die gevoel beskryf wat jy ondergaan met die vang van geelstert. Ek het per abuis toegelaat dat ‘n paar geelbekke ook in die boot beland. So werk dit nie gewoonlik nie. Jammer vir die fout.

Die water het gesorg dat jy jou seetoegaan-dae versigtig moes beplan, gevolglik het bootvangste daaronder gely. Die manne met die lang stokke word nie so baie daardeur beïnvloed nie en ‘n galjoen of twee het gesorg dat die braairoosters nie te veel roes nie. Indien jy ‘n register het met die afgelope jare se vangste is jy gelukkig om te kan bepaal watter patroon daar met die vangste was en watter vis gedurende watter maand behoort te byt. Dit is presies wat ek gedoen het.

Dis natuurlik geen geheim dat die vangste jare terug baie beter was as die huidige nie en met die analise gemaak was dit weer eens duidelik. Maar die idee was om te bepaal wat byvoorbeeld in Meimaand (1999 - 1213) gevang was en hoe dit nou van toepassing sal wees. In die tydperk om en by 2001, 2002 is, indien ek dit so mag uitdruk, gemors (jammer, dis nie die regte woordkeuse nie, maar dis baie naby daaraan!) met veral geelbek, terwyl kabeljou ook baie prominent was. Die ander vis wat aangekeer was  laat jou ook kwylbek, want romanne, vet hotties, rooivis, steenbras, snoek en silwervis is beslis nie te versmaai nie. Die realiteit is egter dat jy nie heeltemal op statistieke kan staatmaak nie.

Luister gerus na die omie wat die wind en weer dophou en sy eie gevolgtrekkings maak, baie maal is dit beter om sy raad te volg!

Groete, Seemeeu

Vangste die laaste klompie jare

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles