Drie Overberg Bootklublede het weer Saterdagoggend omstreeks 05:00, Gansbaai hawe verlaat op soek na daardie grotes. Thys Louw, skipper van sy boot, Sophi het vir Gert du Plessis, Lukas Holtzhuasen en 'n familievriend uitgeneem die diep see in. Hulle was so 100km die see in wat so 3ure se vaar met sy boot is.
Drie van die dié bemanning het toe elk een van die geelvin tunas op die boot gelaai, met die gewig van 41-42 en 43kg. Oom Gert kon darem daarin slaag om 'n paar langvin tunas agter sy naam te sit. Mooi so, manne. Ons hoop die volgende vangs is net so mooi. Tot volgende keer.
Riaan van Staden