Seestrome 2014 : Kommissie Gemeentebou

Seestrome 2014 : Kommissie Gemeentebou

NG Kerk Gansbaai

Die Kommissie Gemeentebou met dr. Bobo van Zyl as voorsitter word onderverdeel in Bedieninge: Eredienste, Klein groepe, Toerusting, Kommunikasie, Bybelskool, Visioenering en Nuwe lidmate (elk met hul taakgerigte diensgroepe).

Bediening Eredienste - Verkondiging van God se Woord & bediening van die sakramente

Sondagdienste in beginjare: Aangesien daar nie ‘n predikant in Gansbaai was nie, het die bekwame mnr. J.R. Barnard, skoolhoof, die dienste waargeneem. Hierdie dienste is langs die see gehou. Die “preek-stoel” was die wrak van ‘n uitgespoelde skuit. Hy het vanaf 1920 oggend- en aanddienste gehou.

Sondagskool was vir die kinders op Sondagmiddae drie-uur by die skool.

2014 : Eredienste word in Gansbaai-kerk en in die Pretoriussaal (gesinsdiens) aangebied en elke 1ste en 3de Sondag van die maand by Baardskeerderbos en elke 2de en 4de Sondag by P’Beach.

Op Kersdag is daar eredienste in die Gansbaai-kerk, in die Pretoriussaal, by Pearly Beach, B’Bos en Uilenkraalsmond.

‘n Vissermansdiens word ook jaarliks in die hawe gehou. Op die kerkalmanak word die datums en tye van eredienste, spesiale dienste, biddae die program vir die week, ens., aangetoon. Sondae word ‘n bulletin by eredienste uitgedeel met inligting t.o.v. program vir die week, voorbiddig, medelye, ens.

Heilige Nagmaal : Nagmaaldienste in Gansbaai-kerk, Pearly Beach en Baard-skeerdersbos lê gemeentelede steeds na aan die hart. Kwartaalliks word daar ook gesamentlike streeks-nagmaaldienste gehou waarby die VG kerk ingesluit is.  Nagmaalbediening vir die jeug word by die gesinsdiens in die Pretotiussaal bedien.

Orrelis :  Danksy Pikkie Louw, Annalene Reinke en Aletta Groenewald is die gemeente geseënd met pragtige orrel- en klavierbegeleiding tydens eredienste, be-grafnisse, troues, ens.

Pikkie verleen ook hulp met die verkryging en saammestelling van CD-musiekbegeleiding by die gesinsdienste in die Pretoriussaal.

Diensgroep - Lofprysing: By al die preekpunte word die erediens voorafgegaan deur die sing van lofliedere. Die diensgroep Lofprysing poog om ‘n verlengstuk van die erediens te wees en bly by die preektema van die maand. Gemeentesang word reeds baie jare lank met die vertoon van die liedere se bewoording ondersteun. Eers was dit ‘n oorhoofse projektor en nou geniet ons, sedert 2005, die beter kwaliteitskyfies van die dataprojektor. Die klankstelsel in die kerk is van hoogstaande gehalte en besoekers wat ons eredienste gedurende vakansietye bywoon, is vol lof vir ons lofprysing en sang. Ons het ‘n gemeentelied wat eie is aan ons omgewing en hulde bring aan die Here. ‘n Spesiale feeslied is vir ons fees-naweek geskryf . Ons is trots en dankbaar vir gemeentelede wat hul vaardighede so gebruik.

Pinksterfees: Die Pinksterweek in ons gemeente is ‘n uitsonderlike geestelike ervaring. Die gemeentelede wat dit elke jaar bywoon, getuig dat hulle van voor af verryk word. Die tema van die Pinkster word deur die drie leraars uitgedra. Hul preek op rotasiebasis in Gans-baai, Pearly Beach en B’Bos. Sodoende kry al die gemeentelede ‘n kans om die boodskap te hoor.  Elke aand na die biduur verkeer die gemeentelede gesellig saam oor ‘n koppie tee/koffie en die vrouediens van die verskillende streke, verskaf die verversings.

Die laaste aand by Gansbaai word afgesluit met ‘n Pinkstermaal wat deur die Uitreikbediening verskaf word.

Bybelstudiegroepe: Verskeie Bybelstudiegroepe bestaan in die gemeente. Persone wat graag by so ‘n groep wil aansluit kan sy/haar wyksouderling skakel (telefoon-nrs. agter in kerkalmanak).

Bediening: Kommunikasie: Die hoofdoel van hierdie bediening is om die kommunikasie-kanaal tussen die kerk en die gemeentelede oop te hou. Dit vind plaas deur die Sondagbulletin by die preekpunte. Die Seestrome was eers ‘n kwartaalblad, wat gratis verskaf is, en waarin ons die ge-meente op hoogte gehou het van alle werksaamhede wat plaasgevind het met foto’s en interessante artikels. Tans word Seestrome hoogstens 2 keer per jaar uitgegee as gevolg van die finansiële impak op die begroting van die kerk. Ons maak noual meer gebruik van ons gemeente-webblad:  www.Gansbaai.com/ng-church/. Ons droom is dat die webtuiste al meer die kommunikasiekanaal sal word.

Hulpwerkers en omgeepersone: Ons het elkeen ‘n behoefte aan medemense wat werklik omgee met die liefde wat ons in Jesus Christus leer ken het. In ons NG makrogemeente waar daar in sommige wyke tussen 40 en 60 besoekpunte is, is ons hulpwerkers en omgeepersone saam met ons kerkraadslede, hierdie mense. Die “omgeepersone” is die ondersteuners van ons gemeentelede en stel die ouderling en leraars in kennis van enige siekte of nood  by hul besoekpunte in die betrokke wyk. Daar is by die kerkraad ’n behoefte dat al meer lidmate in die streke/wyke in klein groepe moet funksioneer om mekaar beter te leer ken en te ondersteun.

Die huiskerke en Bybelstudiegroepe is  reeds goed gevestig, maar meer groepbedieninge moet geskep word sodat lidmate so die gemeenskap van die gelowiges kan uitleef.

Mag ons Hemelse Vader elke hulpwerker en omgeepersoon en kerkraadslid seën en die liefde en genade skenk vir hul roeping en dienswerk tot sy eer. 

Bediening: Ankergooi  - Nuwe lidmate: Die afgelope klompie jare het ons lidmate van oral in die land, Namibië, Zimbabwe en selfs van oorsee bygekry. Op inisiatief van die Bediening: Ankergooi word gereeld byeenkomste (datums op kerkalmanak) in die Pretoriussaal gereël, waartydens nuwe lidmate verwelkom en gesellig saamgekuier word.‘n Oriënteringsgesprek word ook deur die leraars met hulle gevoer.

Tydens elke byeenkoms tref dit ons dat elkeen hul eie verhaal en hunkering het, maar, wat soos ‘n goue draad deur alle gesprekke loop, is die hoop op medemenslike warmte én om as mede-christene hulself in die gemeenskap te kan uitleef. Hulle assosieer ook graag met die gemeentevisie “Gansbaai - ‘n Hawe van God se Genade”. 

Huiskerk : Dit is reeds ’n aantal jare dat daar in die gemeente Huiskerk op Sondagaande gehou word, in plaas van ‘n aanddiens in die kerkgebou. Op hierdie wyse word elke wyk in die gemeente ten minste een maal per jaar deur ‘n leraar be-soek: ‘n geleentheid vir kontak met lid-mate, en om in ‘n huislike ruimte saam met mekaar rondom die Woord van God te bid.

Die huiskerk lewer mooi dinge op. Daar word vertel van die huise waar byeenkomste plaasgevind het wat lidmate met gasvryheid ontvang en waarde toevoeg tot die huiskerk-geleentheid en van lidmate wat moeite doen om dit by te woon. Op die kerkalmanak en die Sondagbulletin word aangetoon waar byeenkomste gehou word (alle streke en wyke ingesluit). Ouderlinge en diakens tref die reëlings in hulle onderskeie wyke om die lidmate vir ‘n huiskerk byeen te bring. Al drie leraars is by die dienste betrokke.

Die woon- en ouerhuis is die kerk-in-die-kleine. Waar die evangelie omhels moet word as die hoogste goed in ons lewens.

Seestrome 2014 : Kommissie Gemeentebou

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles