Seestrome 2014 : God se Woord in die Gansbaai-gemeente oor 70 jaar

Woord van God in die NG gemeente Gansbaai 

Toe die eerste Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn het, was dit nie die Bybel wat vir sy lesers nuut was nie, maar die taal waarin mense dit kon lees. Die Bybel self, in sy Nederlandse vorm, was al geslagte lank deel van die Afrikaners en hul kultuur.

Meneer Barnard skenk die 1ste Afrikaanse Bybel in 1933: Dit is ’n  wonderlike gedagte dat die kerk en gemeenskap van Gansbaai ook in 1933 deel van die groot geskiedkundige gebeurtenis was toe die Bybel in Afrikaans uitgereik is.

Sondag 31/8/2008 was Bybelsondag. In die NG kerk in Gansbaai is die 75-jarige bestaan van die Bybel in Afrikaans ook paslik herdenk. Simbolies is die Bybel (wat ds. Dirk van Dyk op die foto vashou en wat in 1933 deur mnr. Barnard, aan die gemeente geskenk is) weer by dié erediens deur ant Ena de Kock aan die gemeente oorhandig.

‘n Mens kan net dink hoe wonderlik dit ook vir die gemeentelede van daardie jare was om die Bybel in Afrikaans te kon hoor en te kon lees!

 Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (Direkte Vertaling)

Die Bybelgenootskap het met die amptelike Bybelvertaling begin in reaksie op ‘n pleidooi van al die kerke in Suid-Afrika wat Afrikaans-sprekende lidmate het. Die doel van die Afrikaanse Bybel-vertalingsprojek is om ‘n goed verstaanbare, bronteks-georiënteerde Afrikaan-se vertaling van die Bybel, wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik, te skep. Die Nuwe Testament en Psalms het reeds verskyn en die volle Bybel sal volg. Van die kleiner Ou Testamentiese boeke kan ook gelees word op die amptelike webwerf, www.bybeldirektevertaling.co.za.

Die vertaalproses het soos volg verloop: Daar was vyf fases:

In die 1ste fase werk n eksegeet (Ou of Nuwe Testamentikus) en n brontaalkenner (van Hebreeus of Grieks) saam en lewer ‘n vertaling en uitgebreide aantekeninge aan ‘n persoon wat ‘n intraver-taler genoem word. Dit is ‘n opgeleide Afrikaanse taalpraktisyn (vertaler) of ‘n erkende digter of kreatiewe skrywer wat die teks dan in goeie hedendaagse Afrikaans weergee. Die eksegeet waak steeds oor die getrouheid aan die teks.

In die 2 de fase gaan die teks na Afrikaanse taal- en letter-kundig-es wat nagaan of die teks wel goeie verstaanbare Afrikaans is, waarna die eerste eksegeet en intravertaler weer seker maak dat die vertaler steeds getrou  aan die bronteks is. Hierna word die teks deur die Redaksionele Komitee nagegaan.

In die 3 de fase word die teks vir kommentaar en voorstelle na le-sers gestuur wat deur die meewerkende kerke benoem is. Die ver-taling sal ook op die Bybelgenootskap se webblad en op ander maniere onder groepe lesers se aandag gebring word. Hierna word die kommentaar verwerk en weer aan die Redaksionele Komitee voorgelê.

Hierna volg die belangrike 4 de fase waarin die konsekwentheid van die vertaling in bepaalde versamelings boeke (soos die eerste vyf boeke van die Ou Testament, die Evangelies, die briewe van Paulus) gekontroleer word, asook die konsekwentheid van vertaling tussen die Ou en die Nuwe Testament.

In die 5 de fase word die teks deur die Begeleidingskomitee gefinaliseeer.

Brontekste :  Die Bybelgenootskap gebruik slegs die beste en betroubaarste brontekste in sy Bybelvertalings. Hierdie brontekste is die resultaat van intensiewe navorsing en word sonder uitsondering deur alle Bybelgenootskappe oor die wêreld vir amptelike vertalings gebruik. Die gedrukte bronteks wat vandag vir Bybelvertalings gebruik word, is die resultaat van internasionale samewerking tussen vakkundiges wat in die Nuwe Testamentiese tekskritiek spesialiseer. Tekskritiek is die wetenskap wat daarna streef om op grond van die beskikbare teksgetuies ‘n rekonstruksie van die oorspronklike geskrifte van die Nuwe Testament  (die outograwe) te maak. Om so na moontlik aan die oorspronklike teks van die Nuwe Testament te kom beskik ons oor drie groepe teksgetuies (elk bestaande uit verskeie dokumente): die Griekse manuskripte (handskrifte), vroeë vertalings van die Griekse Nuwe Testament en aanhalings deur die kerkvaders. Die Griekse manuskripte geld as die primêre bron. Daar is 5 894 van hulle. Dit gaan uiteraard nie oor getalle nie, maar veral oor die kwaliteit van die betrokke van die manuskrip.

Hoe sal die beoogde vertaling verskil van die huidige Afrikaanse Bybelvertalings?

Alhoewel die beplande vertaling ‘n vertaling sal wees waarin die bronteks so getrou moontlik weergegee word, sal dit nie ‘n woord-vir-woord -vertaling wees soos die 1933/53- vertaling nie. In die nuwe vertaling sal daar groter klem gelê word op die weergawe van die bronteks in vloeiende Afrikaans as wat by woord-vir-woord -vertalings die geval is.

Die beplande vertaling sal minder as die 1983-vertaling by die leefwêreld van vandag aangepas word.  Metrieke mate en gewigte sal byvoorbeeld nie in die vertaling gebruik word nie, maar wel die terme wat nader aan die brontaal lê, soos byvoorbeeld sikkels, handbreedte, el en dagreis.

Anders as in die 1933/53- en die 1983 vertaling van die Bybelgenootskap sal voetnote gebruik word om kort verduidelikings aan die leser te gee ten opsigte van sake soos byvoorbeeld probleme in die bronteks of verskillende geldige vertalingsmoontlikhede. Voetnote is reeds omvangryk gebruik in die Bybel vir Dowes wat in Februarie 2008 deur die Bybelgenootskap gepubliseer is.

Groter klem op die vorm van liedere en gedigte sal meebring dat die eie aard van die Bybelse poësie so ver moontlik behoue bly.

Die beplande vertaling sal, naas die gewone uitgawe, ook ‘n uitgawe insluit wat die Deuterokanonieke Boeke bevat, aangesien die Rooms-Katolieke en Anglikaanse Kerke wat ook hulle ondersteuning aan die projek toegesê het, hierdie boeke gebruik.

Die werkwyse in die geval van die beplande vertaling verskil ook aansienlik van vorige vertalings van die Bybelgenootskap.

Vir die eerste keer word alle kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, by die vertaalproses betrek. Anders as by vorige Afrikaanse vertalings speel professionele Afrikaanse vertalers, letterkundiges en taalkundiges ‘n wesenlike rol naas eksegete en brontaalkenners. ‘n Groot aantal vroulike medewerkers is ook deel van die vertaalspanne.

 Uit ons gemeente is dr. Lisel Joubert betrokke as eksegeet in die proses en Trienke Laurie as intravertaler.  Die Nuwe Testament en Psalms kan reeds by die kerkkantoor bestel word en is ‘n pragstuk in Afrikaans.

Bron: www.bybeldirektevertaling.co.za

Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling
Ds.Dirk van Dyk met 1933 Bybel