Versoeningsdag 2014

Loof die Here uit die hemel

Loof Hom in die hoogtes

Loof Hom al sy engele

Loof Hom al sy hemelse magte

Loof Hom son en maan

Loof Hom al die helder sterre

Loof Hom hoogste hemele

En die water wat bo die hemelkoepel is

Laat hulle die naam van die Here loof

Lees Efesiers 1

Die tyd van die jaar met advent waar ons herdenk en verlang raak ek altyd bewus van hoe groot die groter prentjie is.

Wat bedoel ek daarmee? Ek is 'n historikus onder andere en is gefasineer oor hoe deur die eeue ryke en magte kom en gaan. Konflik kom en gaan, families kom en gaan. Tog is God altyd besig om sy verhaal vir hierdie wêreld te laat ontvou.

Ons het kerk vandag oor gebeure lank terug, en mense het God gedank vir sy ingrype in nood. Intussen het ‘n klomp grense geskuif en is die wêreld ook al weer anders.

Daar is altyd ‘n groter prentjie

Die preek uit  Efesiers is vir daardie rede.

Dit is eintlik ‘n omsendbrief aan 'n gemeente in Klein Asie met dieselfde tipe probleem: intern en ekstern.

Daar is konflik tussen Christene uit Joodse agtergrond en Christene uit heidense agtergrond. Kultuurverskille en aanbiddingsverskille. Daar is konflik in huisgesinne. Sekere lede word Christene, ander nie en onder Jode word hierdié uit die Sinagoge verban. Huisgesinne skeur. Daar is vervolging: Uiterlike konflik. Die Romeinse Ryk hou daarvan as hulle burgers die status quo handhaaf en die keiser as Kurious of Here eer. Nie goed as iemand, soos Jesus, die eer ontvang nie. Subtiele tot ekstreme vervolgings vind plaas

Al hierdie konflik kan maak dat jy in ‘n muur vaskyk. Dat jy niks anders raaksien nie en hoop verloor. Die konflik rondom Jood en heiden kan maak dat evanglie aanstoot gee, hoe kan hulle nou skielik ook God se volk wees en maak dat jy nie meer wil deel wees nie, eerder as om jou te verwonder.

Paulus besef dit en as hy die brief begin, doen hy dit deliberately/bewustelik.  Hy lig as te ware hulle koppe en laat sy hoorders weer verder kyk. Hy skets ‘n prentjie van die begin van die wêreld af tot die einde en vra hulle om hulle situasie in die lig van dit te sien, daarna te kyk.

Weet julle die kans is ook goed dat Paulus in die tronk is. Self miskien onseker hoe ver sy toekoms strek. Miskien help dit om te verstaan . Hoe sing jy ‘n loflied in die tronk as jy nie verder kyk nie?

Die voorlesing is uit die Direkte vertaling. Hierdie teks is dense. Soos ‘n vinnig vloeiende rivier. In Grieks is dit een sin. Jy stap binne die lofprysing in en voel jy word oorweldig. Dit kan baie dinge sê. Ek gaan net een of twee uithaal. Lofprysing van God se werk.

Lofwaardig. Eulogie. Iemand se lof besing. Dit is een manier om te vertaal. Ook vertaal met blessed. Maar woord kan ook beteken instort of infuse van goeie dinge. God is die infuser of good things. Dit verder uitgebrei met woord in vers 5 en vers 9. Die Grieks is “eudokia” vertaal met “wil” en “goedgedink”. Die woord het nuanse van God se goeie doel.

Die een wat alles met goeie vul het ‘n goeie doel gehad. Sy goeie doel is  juis iets wat almal insluit. Griek, Jood en skepping.

Dan trek Paulus as te ware die lyne van hierdie Goeie doel. Hy begin in vers 4 dat God ons voor die skepping van die wêreld in Christus uitverkies het, voortbestem as sy kinders. Nie bedoel dat ons presiese chronologie of tyd daaraan bepaal nie. Maar die diepte van sy inisiatief, sy keuse. Dit behels die vergewing van oortreding, die skenk van wysheid en insig aan ons. Die bekendmaak van die geheimenis, later dat muur tussen Jood en Christen afgebreek is en oppad dat alles in die hemel en aarde saam in Hom te verenig.

Die konsep van bestem en bedoel moet nie hier gelees word as fatalisties/gedwing. Gaan nie oor God wat kies en wegwys of wat in boksies druk nie. Gaan juis oor grootheid daarvan. God crossing the lines.

Gaan nie oor uitsluit, maar oor God’s great welcoming. Al daai woorde het te maak met groot omhelsing. Tema opsom:  Bless God who blesses. Dit gebeur alles ‘in Christus’

Hierdie is ‘n lofsang. Hierdie lofsang moet ons laat besef ons kyk soms te klein. Ek dink ons kyk te klein. Hoe kleiner ons kyk hoe meer belangrik word onbelangrike dinge. Hoe meer dra ek wrok en gevoelens saam, hoe meer verongeluk ek verhoudings oor een woord of kyk van ‘n ander af. Kleiner kyk ontneem my deernis.

Kleiner kyk maak dat my land se geskiedenis net uitval in vriend of vyand. Figuurlik wit of swart. Dié vir my en dié teen my. Kleiner kyk maak dat my belang die laaste belang raak . Die enigste belang.

Een van die mees geseënde dinge in my lewe die afgelope 15 jaar is betrokkenheid by teologies afstandsonderrig. In die 15 jaar het ek met mede-gelowiges oor die lengte en breedte van ons land te doen gekry wat hulle roeping gehoorsaam om vir God te werk. Vir almal vra dit opoffering. Party woon 20 km en meer van die posbus of het nie elektrisiteit nie. Mense van verskillende denominasies en geslag en ouderdom, van 20 tot 94!

Ek word bewus hoeveel mense bid vir versoening. Hoeveel mense word deur God geroep om ‘n verskil te maak, hoe groot of klein. Hulle het my gehelp om die groter prentjie te sien van God se daarwees.

Versoeningsdag is ‘n dag in ‘n land se geskiedenis. Maar dit is een moment in ‘n baie groter prentjie. Die versoening van God deur Christus met die wêreld.

Wat  Paulus eintlik sê dat as ons nie groter prentjie leef nie, sal ander dit nie glo nie. Christus het die wêreld met God versoen. Made friends. Reconcile. Dit is ‘n gegewe. Vir ander om dit te glo moet ons die groter prentjie in ons kleiner wêrelde inttrek. Hy skryf aan ‘n groep met eie konflik. Dat daar nou vrede is tussen die onbesny en die besny.  Dat Christus die vyandskap afgebreek het. Lees hfst 2 -3.

Julle klein konflik laat disappear in grote. Grote is God se kosmiese plan met sy skepping.