Samuel

Lees 1 Sam 3

Die roeping van Samuel as jong seuntjie is een van die leesrooster tekste vir die week wat ons ook vanoggend gaan saamlees.

EK het gedink voor ons hoofstuk 3 lees om eers ‘n kort biografie te gee. Ons wil altyd weet wie is iemand se ma en pa. Waar kom hulle vandaan?

Nou Samuel se ma en pa is aan julle goed bekend.

Sy pa was Elkana en hy het twee vroue gehad. Pennina, wat volgens die kriteria van daardie dag ‘n goeie vrou was, want sy het baie kinders gehad en Hanna, wat eintlik in die samelewing se oë ietwat van ‘n mislukking was, want sy was kinderloos.

Lees jy tussen die lyne kom jy tog agter dat Hanna wel iets gehad wat Penina nie noodwendig gehad het nie, naamlik Elkana se liefde. Volgens Elkana was dit OK dat sy nie kinders gehad het nie, want sy het vir hom en hy vir haar en daarom het hy ook vir haar dubbelporsie van die offermaaltyd gegee omdat hy vir haar lief was. Miskien meer as wat meeste vroue daardie tyd gehad het wat bloot as besittings gesien is.

Dit was egter nie vir Hanna genoegsaam nie. Niks minder as ‘n kind as geskenk van God sou haar tevrede stel nie. En dit is met die hartseer en verlange wat sy haar hart voor God uitgestort het. Op so ‘n manier dat Eli, die priester, actually gedog het sy is dronk.

In haar pleit het sy dan beloof om die moontlike kind vir God se diens te gee.

Samuel is wel gebore. Sy naam beteken “ek het hom van die Here afgesmeek”. En toe hy groot genoeg was het sy hom na Eli gebring met die woorde: Sien 1 Sam 1:26 ff

Dit is Samuel se ma. Sy sing dan ook die lied soos gevind in hfst 2 wat baie in inhoud ooreenstem met die loflied van Maria in Lukas.

Dat die Here dinge omdraai. Dat hy geringes van die stof laat opstaan en aan hom ‘n ereplek gee. Hanna het nog kinders gebaar en elke jaar vir haar seun Samuel ‘n nuwe manteltjie gemaak en gebring as hulle kom offer het.

Die Here wat Hanna in haar gebed ontmoet het, was egter nie op daardie tydstip die Here van die heiligdom nie. Op meer as een plek word genoem hoe Eli se seuns hulle posisie  misbruik het (lees 1 Sam 2: 12; 17; 30) 

Daar was wangedrag by Eli se seuns. Die woord van die Here was “min gehoor”. OV was skaars en NRSV “rare”. “The word of the Lord was rare in those days”. Een persoon skryf woord is gebruik vir edelmetale, werklik kosbaar, maar skaars en min visioene.

Was dit skaars net omdat niemand geluister het nie? Of niemand daarna verlang het nie? Miskien was die Woord nie so skaars soos die hoorders nie?

Die jong kind het reeds al die priesterlike take verrig. Eli se oë was nie meer goed en hy was oud. Samuel het die heilige voorwerpe in nag bewaak en toegesien dat die lampe nie uitdoof. En soggens het hy die deure van tempel oopgemaak.

Samuel het tweekeer nie geweet wie praat nie, die teks sê omdat Hy nog nie die Here geken het nie. Sy ma wat wel die Here geken het gee hom vir heiligdom, maar wat het hy daar geleer? Iemand wys daarop dat die  seuntjie omring was met offers, bloed, ritueel, konflik, Eli en seuns? Hoe kon hy God leer ken?

Die Here hou aan roep totdat Eli ook tot insig kom en die kind kan sê: “Praat Here, U dienaar luister”

Wat my nog altyd fassineer van hoe God werk is sy tyd en sy keuses. Die groter prentjie is tog iemand wat volk tot hulle sinne moet bring, iemand met ‘n CV. Dit is die jong seun nie.

Die ander is dat God baie keer werk as die wêreld slaap. Onverwags. Jesus is in die nag gebore. Samuel word in die nag wakker.

Groot dokumente soos die Nederlandse Geloofsbelydenis is in die nag oor die muur gegooi. Guido de Bres skryf dit as apologie vir gereformeerde geloof teenoor Phillip II van Spanje wie oor Nederland regeer het. Op 2 Nov 1561 word dit oor die poort van die kasteel by Doornik gegooi saam met ‘n brief aan die koning. Hy moes vlug, later gevang al sy geskrifte verbrand en is in 1566 gehang.

Skielik in die nag is dit geskryf en voltooi: die Belydenis van Belhar. Onbepland, verrassend, God se stem terwyl ander slaap. ‘n Besef en ‘n gedringendheid, God se stem in ‘n tyd van nood.

Hierdie jong kind in die nag. Ook met ‘n swaar boodskap wat verkeerd gehoor sou kon word. Baie keer probeer ons God in ons lewe onderskei. Probeer ons God sien in ons storie, maar eintlik moet ons groter verbeel. Ons moet ons storie in God verbeel.

Die rede vir die ingrype is dat die heiligdom onder Eli en seuns vergeet het hoekom hulle daar is in die eerste plek. Roeping is verloor en Samuel moes dit hoor.

Miskien beter om in die middel van die nag ‘n goeie boodskap te hoor, maar die inhoud is swaar en hard en kind moet bietjie gedwing word om dit te deel. 'n Oordeel. Oordeel, want roeping verloor.

Altyd onsself afvra: Is ons nog besig met wat God wil. Is God trying to tell us something? Onderskei ons ons verhaal as gemeente binne God se groter verhaal? Of is ons op ‘n tangent/sypad?

Belhar was it. Herinner ons dat ons iewers vergeet het hoekom ons kerk is. Dit sê: Julle mis die punt as kerk. Hier is die punt: eenheid, geregtigheid, versoening.

In die middel van die nag het God Samuel wakkergemaak. Daarna het hy Samuel baie  gebruik en die volk het Samuel as betroubaar ervaar en God dan ook as betroubaar, want het Eli se seuns dan nie God se hart verkeerd laat lyk deur te gryp wat hulle vir hulleself wou hê nie.? Word ons ook genudge.? Dink God deur sy Gees doen dit elke dag. Genudge as individu, maar ook gemeente.

God is in oorvloed om ons teenwoordig. Hy is nooit skaars, ons luister net miskien nie?

Hoe praat God? God se taal is stilte.

Keating “Silence is God’s first language, everything else is a poor translation. In order to hear that language, we must learn to be still and to rest in God.” Miskien was dit nag, want toe was Samuel stil en die woorde, geraas, gebrul en gepraat ‘n slag weg.

Ons praat te veel, beplan te veel, besluit te veel. Ons moet stilword en luister. In die nag, in die stilte herinner ons hoekom ons rerig hier is. Word stil sodat God ‘n woord sideways kan inkry. Bewakers van God’s woord, agente van God se liefde, soekers na eenheid, vegters vir geregtigheid.