Afskeid - Dr Bobo van Zyl

Afskeid - Dr Bobo van Zyl

NG Kerk Gansbaai

Die gemeente het op Sondag 16 Augustus 2015 afskeid geneem van Dr Bobo van Zyl. Dr Bobo het sy afskeidspreek gelewer en ook vir die laaste keer as leraar van hierdie gemeente die Nagmaal waargeneem.

Sy skriflesing was uit Joh 10:11-16 en 27-30. Teksvers Joh 10:28.

Dr. Bobo van Zyl, sy vrou Mickey en sy drie seuns, Willie, Jaco en Jasper, arriveer op 1 Juliie 1997 in Gansbaai vanaf Upington. Hy is die afgelope 18 jaar deel van ons gemeente as ons herder, (ver)trooster, bedienaar van die Woord in verstaanbare taal en as vriend.

As predikant in verskeie gemeentes het dr. Bobo van Zyl deurentyd in aanraking gebly met die vrese, behoeftes en verwagtings wat kerklidmate op grondvlak vandag in Suid-Afrika koester. Sy verkondiging as leraar en skrywer berus op ‘n rotsvaste veronderstelling: ‘n mens kan niks doen sonder dat God jou dit deur genade gee nie.

Hy het ons as’t ware in God laat inkyk. Hy het ons gehelp om nuwe insig op ons daaglikse lewe te kry en te sien: in Jesus Christus het God Sy hart oopgemaak – vir jou. Daarom kan jou lewe nie meer dieselfde wees nie.

Dr. Bobo arriveer in dieselfde tyd in Gansbaai as die “Groot Trek” na Gansbaai met die invloei van afgetredenes en ander wie hul heil in die omgewing kom soek. Met die toename in lidmaatgetalle word die gemeente gedwing om die bedieningstruktuur in 2003 in heroënskou te neem. In hierdie verband het Dr. Bobo ‘n prominente rol gespeel. Uit die Gemeentevernuwingsprogram word die visie en missie van die gemeente gebore en word die gemeente waarlik ‘n Hawe van God se Genade en funksioneer die gemeente sterker deur lidmate wat betrokke en meelewend is.

Ons sal dr. Bobo onthou vir die rustige kalmte wat hy uitstraaal, die empatie en simpatie waarmee hy mense behandel, die bemoedige woorde wat hy altyd het en bowenal vir sy liefde vir sy Hemelse Vader.

Dr. Bobo, ons dank God vir die jare wat u in die bediening gestaan het, veral die laaste 18jaar saam met ons in Gansbaai. Ons gebed is dat u en u Mickey ‘n geseënde en vrugbare aftrede saam met die kinders, familie en vriende  sal geniet. God seën julle!

Afskeid - Dr Bobo van Zyl

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles