Gehoorsaamheid is om te hoor

Gehoorsaamheid is om te hoor

Gehoorsaamheid is seker vir almal ‘n moeilike woord. Ons verkies mos maar om te doen wat ons wil. Om te wees soos dit vir ons gemaklik is om te wees. Van kleins af skop ons teen die reëls. Die engelse woord vir gehoorsaamheid is “obedience”. Die woord kom van die Latyn wat eintlik “luister of hoor” beteken.

Gehoorsaamheid is in die eerste plek die stilword om te hoor, te luister. Die stilword om bewus te word van God, soos Hy ook in die Skrif na ons toe kom. Om te luister beteken om groter te kyk en dinge te los, bereid te wees om deur God te vorm te word. Tog skep God altyd goed. Mary Fisher skryf: “God invites us to live in such a manner whereby I am growing in awareness, becoming more and more sensitive to His presence and responding to that presence in obedience.”

Hy is ons pottebakker en ons is die klei. Gehoorsaamheid is ook “saamluister”. Dit het te make met “ons” en nie net “ek”. Ons as die gemeenskap van gelowiges wat God bedoel het om die “volgroeide gestalte van die volheid van God te bereik” (Efesiers 4:13 Direkte Vertaling).