Gevoed om in te nooi

Gevoed om in te nooi


Wendy Farley skryf: “The effort of prayer is simply the intention to rest in love that is always already there.” Dit vra dat jy “jou probeer” prysgee en verlang om te rus “in the womb of God and be nurtured there.” Om net daar te bly? Sluit dit aksie en doen uit? Nee, glad nie. In haar boek “Gathering those driven away”, gaan dit juis daaroor dat as ons weer rus in ons identiteit in God dan begin ons anders sien en moeite doen om ander in te sluit wat altyd uitgeskuif was. Christus is in die straat, Christus is in die wat ongemak by ons veroorsaak. God is daar waar nie mag en sukses is nie. Ons is te geneig om die bestaande kulturele reëls vir sukses en insluit en uitsluit spontaan die reëls vir die geloofsgemeenskap te maak.

G’n wonder dat die godsdienstige leiers in die evangelies so geaffronteerd was deur Jesus nie: “En die Seun van die Mens het gekom en geeet en gedrink, en julle sê, ‘Kyk, Hy is ‘n vraat en ‘n suiplap, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ " (Lukas 7:34). Ons rus in God om so deur sy naelstring gevoed te word dat ons soos Hy begin kyk en innooi.