Al die bome sal weet

Al die bome sal weet

NG Kerk Gansbaai

Al die bome sal weet
Teks: Esegiel 17: 22-24. Ek kan nogal dink ek sal ‘n weddenskap kan wen as ek skryf dat niemand dit al ooit gelees het nie! Die opskrif van hoofstuk 17 is: “Ek maak groot boompies klein en klein boompies groot.” Die hele hoofstuk is ‘n kreatiewe spel van metafore tussen bome/plante en volke op aarde.

In vers 22 kry ons God wat ‘n seder plant waarin al die voëls bly en wat almal kan sien en dan die woorde: “Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is”. Dit is nie die enigste plek in die Bybel wat ons lees dat God die God van die skepping is en dat Sy grootheid ook erken word deur alle geskape dinge nie. Die skepping verkondig God se grootheid: Boom aan boom, dier aan dier . . . 

 Ook is hier onderliggend ‘n interpretasie wat gerig is op die politieke spel van daardie dag. Soos God plant en uitroei, laat groei en verdor, is Hy ook in beheer van die wel en weë van alle nasies, nie net Israel nie. Dit is ‘n sterk tema in al die profete boeke, dat Israel moet besef die groter prentjie is in God se hand.

Miskien wil dit ook sinspeel dat ons na die natuur moet kyk om herinner te word dat ons lewe in God se hand is. Sodat nie net al die die bome in die veld nie, maar ook alle mense sal weet dat God die Here is. Here is tog “Lord”. Meer as dit is die sentrale boodskap van Paulus: Jesus is die Here. Die Jesus wat sy verhouding met sy Vader en met ons verduidelik in terme van ‘n wingerdstok en lote.

Wie sê ons kan nie by bome iets leer nie!

Al die bome sal weet

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Moth Sampling at Grootbos Environmental Centre

Moth Sampling at Grootbos Environmental Centre

Christopher Grinter also spent time at the Grootbos Environmental Centre this month. 

Grootbos Foundation
Green Futures Students Gain Practical Horticulture Skills

Green Futures Students Gain Practical Horticulture Skills

Green Futures Horticulture Skills training programme update...

Grootbos Foundation
Learning to Set Boundaries

Learning to Set Boundaries

Are you tired of always being the one who says YES?

See All Articles