Groepsvorming teenoor eensgesindheid

Groepsvorming teenoor eensgesindheid

NG Kerk Gansbaai

Teks:  1 Kor 3:1-23

19 Febr 2017 was die laaste Sondag van die  Epifanie tyd. n Tyd in die kerklike jaar wat  op 6 Januarie begin en al sedert die tweede eeu  plaasvind.    In hierdie tyd word  God  geëer  wie in Jesus  deel van ons leefwêreld geword het.  Ek sluit vandag aan by die preekrooster se teksgedeelte  vir hierdie Sondag nl.  1 Kor 3. Ek kan nie aan ‘n beter  teksgedeelte dink  om die Epifanie tyd mee af te sluit nie.   Want wat kan beter wees as om na te  dink oor die belangrikheid van eensgesindheid as  ‘n vrug van Jesus se koms na die wêreld.  Paulus kon dit nie genoeg beklemtoon nie en doen dit dan ook   in hierdie gedeelte.  Maar vanuit ‘n baie spesifieke hoek. . .

En hierdie hoek is veral  die bekommernis van  Paulus oor hy gehoor het dit gaan nie goed in die gemeente nie.  ‘n  Sekere Chloe  en haar huisgenote het vir  Paulus vertel dat daar onderlinge verdeeldheid  in die gemeente is.   En dit het  ontstaan  by  wat  wat al genoem is ‘n persoonlikheidskultus.  Dit het aanleiding gegee tot groepsvorming  wat sou lei tot skewe prioriteite, aangesien die een leier teen die ander leier  afgespeel is.   Dit het nie net die voortbestaan van die gemeente bedreig nie, maar het ook die verkondiging van die evangelie in gedrang gebring. Vier persone sou onwetend ‘n rol hier speel.  Eerstens was daar Apollos. Hy was ‘n begaafde spreker  en met sy styl  van bediening vir baie aanvaarbaar.  Dit het  hulle opgewonde gemaak  oor die evangelie en oor die toekoms van die gemeente.   Dan was daar Paulus  self wat sy aanhangers gehad het.  Hulle weer  het aanklank gevind  by sy kalm en beredeneerde  styl.  Vir hulle was sy uitleg van die grondwaarhede van kardinale belang.   Dan was daar Sefas of dan die Petrus groep.  Sy aanhangers was hoofsaaklik afkomstig uit  Palestina  waar hulle tot geloof gekom het voordat  hulle na Korinte verhuis het. Hulle klou vas aan sy bediening, want dit herinner hulle  aan die prediking in Jerusalem.   En dan was daar  die Christus groep.  Dit is onseker wie en wat hulle presies  was, maar  dit wil blyk dat hulle  hulleself  gesien het as beter Christene as die ander.   Hierdie groepsvorming het  vir  Paulus baie bekommer  en daarom  skryf hy  ondere andere  hierdie brief.   

Die manier waarop hy hulle aanmoedig tot eensgesindheid is merkwaardig.   Hy maak  gebruik van twee  beelde. Die eerste beeld is van  iemand wat iets plant en die ander die van  ‘n tempel  wat gebou word.   Na hy geskrywe het  in v 4 van die een wat sê:  "ek is vir Paulus" "ek is vir Apollos", gaan hy voort  in v 5 om te vra: "wat is Apollos dan", "wat is Paulus" en antwoord dan  "hulle is maar dienaars  deur wie julle tot geloof gekom het en elkeen doen die werk wat die Here vir  hom gegee het".  En dan in v 6: "ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is  God wat laat groei het". Die punt is soos hy in  v 7 mooi verduidelik, dit gaan nie om die een wat plant of die een wat natgooi  nie,  maar om  God wat laat groei.  V8:  "Die een wat plant en die een wat natgooi staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk" en voeg dan by in v9: "Ons is medewerkers  in diens van God  en julle is die saailand van God".   Met ander woorde, weerhou julle daarvan om mense so aan te hang, weerhou   julle van  groepsvorming, want  hulle, dit is nou Apollos, Paulus en Petrus, is maar net  dienaars van die Here . . . die belangrikste een is die Here.   Dit gaan eintlik oor Hom.   Dit is  mos eintlik Hy wat die gemeente begin het en wat dit laat voortbestaan.

Tweedens die beeld van die bou van die tempel.   In v16 skrywe Paulus: "Julle is ‘n tempel van God en die  Heilige Gees woon  daarin".   Ek weet nie of mense dit nog doen nie, om bv te waarsku dat mense nie iets doen om hul  liggame te beskadig nie soos bv  om nie te rook nie. Mense herinner dat in hierdie teks staan immers  jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees.   Maar dit is nie wat daar staan nie, hier staan  die gemeente is ‘n tempel van God.  Die gelowiges  saam vorm  in hulle saamwees ‘n gebou waarin die Heilige Gees woon.  Die tempel is in aanbou.  Die fondament is gelê toe Christus  wat vir hulle gekruisig is, aan hulle verkondig is.   Geen gemeente van die Here kom op ‘n ander manier tot stand nie.   Slegs wanneer die evangelie van die kruis  van Jesus verkondig word  en mense in Hom begin glo, is daar ‘n gemeente.     Maar geen gemeente kan net daar bly nie.   Want die Heilige Gees wil graag ‘n sierlike  gebou hê om in te woon.  En nou geskied die bouwerk  op twee maniere: deurdat nuwe gelowiges tot die gemeente toetree en deurdat die gelowiges wat reeds daar is,  groei in insig  en gehoorsaamheid aan die Here.  In die proses maak die Here wel van  mense gebruik, maar hulle is slegs medewerkers.   Hulle almal staan in God se diens, wil Paulus hier vir die gemeente sê.   God bou eintlik self sy kerk.  Ons sien dit so mooi in die skrywe van  Paulus. V10: "Volgens die  genade wat God my gegee het, het ek soos ‘n goeie bouer  die fondament gelê en ‘n ander bou daarop.   Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, want niemand kan ‘n ander fondament lê  as wat reeds gelê is nie.  Die fondament is Jesus Christus".   Ja, beklemtoon hy dat die mense wat in diens van die Here staan, wat aan die bouery deelneem, nie sommer op enige manier kan bou nie, dus nie op enige manier in die gemeente werk nie. Dit sal aan die lig gebring word, of dit nou  goeie werk of strooiwerk was. Dink maar aan die skrywe van Paulus vanaf v12: "Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die punt is  dat hy die Korintiërs herinner  deur hierdie beelde  van plant en bou  om nie meer te maak van die mense wat in  die Here se diens staan as wat hulle  eintlik  is nie. Mense wat in diens van die Here staan. . . medewerkers van God.   

Ons  moet mekaar ook gedurig herinner om eensgesind te wees in die Here.   Op hierdie dag  word ons weer daaraan herinner en veral dan ook vanuit  hierdie spesifieke verband, die verband  van groepsvorming. Kom ons noem dit kliekvorming. Hierdie gedeelte staan van die vroegste jare al daar as ‘n soort waarskuwing   vir gemeentes  om te waak teen groepsvorming. Net soos die gemeentes destyds  dit nie moes toelaat nie, word ons ook herinner  aan hierdie versoeking. In ons gemeente is immers drie leraars werksaam. Ons het Bybelstudiegroepe, ons het bedieninge, elk met sy leiers.  Kom ons neem net die leraars as voorbeeld. Mense vind  byvoorbeeld  meer aanklank by die een as by die ander, dit is menslik, maar nooit tot op die punt dat leraars bv teen mekaar afgespeel word nie.   Tot op die punt selfs dat ek eerder kerk toe gaan as dié en dié preek  en sal gaan as só en só preek nie.   Ons het al baie  gewonder of ons regtig die name moet  opsit   wie preek die volgende Sondag, maar  het besluit  ons doen dit, want ons wil dit tog persoonlik hou. Nie om mense  die keuse  te gee of  hulle gaan kom of nie. Daar is  die grappie van die ds en die koster wat alleen by die aanddiens opgedaag het. Die ds vra toe die koster of dit vanoggend afgekondig is  by die  erediens dat daar vanaand ‘n aanddiens is en dat hy ook preek.   Die koster antwoord toe  dat hy eerlik is as hy sê dat hy vir niemand gesê het nie, maar dat dit tog lyk of dit iewers uitgelek het! Leraars werksaam in die gemeente is slegs dienaars in diens van die Here, medewerkers wat self baie versigtig moet wees  hoe hulle werk. Slegs op die fondament wat reeds gelê is. Die gelowiges moenie die een teen die ander afspeel nie en sodoende groepsvorming bevorder nie.  Dit geld ook vir ons ander  bedieninge  in die gemeente. Ek  wil eerder betrokke wees by ‘n betrokke bediening, want ek hou van só en só, ek kom beter met hulle reg. Dit geld ook vir ons streke en met sy leiers, dit geld ook vir ons wyke, dit geld ook vir ons Bybelstudie groepe in die gemeente .  Almal van ons moet waak teen groepsvorming. 

Ons kan maar net bid  dat die Here ons eensgesind sal maak en dat ons daarom baie lugtig sal wees vir groepsvorming wat juis die eenheid  versteur tot groot skade  van die gemeente en die getuienis van die  kerk.  

Groepsvorming teenoor eensgesindheid

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles