Aswoensdag

Dit is Aswoensdag. Die begin van Lydenstyd. “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer”. Ons kan dit lees as futiliteit, downright depressing of as ‘n stuk verwondering. Het God nie vir adam uit die adamah gemaak nie? Die mens uit die grond, die aarde en met liefde aanmekaargeweef soos ‘n pottebakker klei vorm. Baie intiem en dan sy asem in hom ingeblaas. In sy slaap vir hom ‘n helper gevorm en saam met hulle gewandel in die tuin.

Die stof/aarde/klei is eintlik die storie van ons oorsprong, maar dit is verhaal van verwondering. Die iets wat gemaak is uit min. As ons dan terugkeer stof toe is dit ook deel van die verwondering, deel van die nuwe skepping wat gebeur na ons dood. Dit is juis in die verwondering wat ons nietig voel en skielik besef dat alles wat ons op roem niks is. Alles wat is is iets wat deur die hand van God gegaan het. Lydenstyd ook uitnodiging om net te kan praat oor al die sleg en sonde, die dinge wat jy saamdra, wat jou keer om voluit te wees. Tyd van intree vir alles en almal, al die woede, haat, seerkry, stukkendheid. Ons het lydenstyd nodig om weer heel te word.