Blog

Pasop vir kieme in die water

Pasop vir kieme in die water

Gansbaai Pharmacy

Wanneer jy induik vir ’n natmakertjie moet jy dalk sekere voorsorgmaatreëls tref om die bakterieë en parasiete wat in die water skuil,
te vermy. Een van die grootste gevare is die kinderswembad. Warm, vlak water en kinders in swemdoeke - wat nie feses doeltreffend kan binne hou nie - kan die perfekte teelplek wees vir waterverwante infeksies, selfs al word die water met chloor behandel. Die beste manier om te voorkom dat klein kinders siek raak, is om te voorkom dat hulle daardie water insluk.

Hier is nog ’n paar waterwenke:

  • Hou kinders wat enige vorm van gastroïntestinale siektes gehad het vir ’n paar dae lank weg van swembaddens af om te voorkom dat die water besmet word.
  • Moenie water sluk wanneer jy in varswatermere of strome is nie. Die moontlike bakteriële infeksie kan koors tesame met hoofpyn en spierpyn veroorsaak, maar dit kan gewoonlik behandel word.
  • Soutwater hou gewoonlik minder risiko van bakterieë en parasiete in, maar swemmers moet uit die water bly as hulle ’n sny of wond het wat kan ontsteek.
  • Bly ook weg van jellievisse wat op die seeoppervlak dryf. Die meeste mense besef nie dat die tentakels van sekere jellievisse, spesifiek die bloublasie, vier tot ses meter lank kan wees nie. Bly dus op ’n veilige afstand om nie gesteek te word nie.
Pasop vir kieme in die water

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles