Blog

Hoe om nierstene uit te skei

Hoe om nierstene uit te skei

Gansbaai Pharmacy

Het jy al ooit gehoor dat om ’n niersteen uit te skei, is seerder as om geboorte te skenk? Elke jaar jaag meer as een miljoen mense in Amerika ongevalle toe as gevolg van pyn wat deur ’n niersteen veroorsaak word. Nierstene is harde, klipagtige stukkies materiaal wat in een of albei niere vorm. Dit word deur hoë vlakke van sekere minerale in jou urine veroorsaak. Die stene se grootte wissel van klein kristalle - slegs sigbaar deur 'n mikroskoop - tot stene groter as 2,54 cm. Klein stene kan deur jou liggaam uitgeskei word sonder dat jy dit eers agterkom. Jy sal met groter stene nie so gelukkig wees nie. Stene wat groter is as ’n potlooduitveër kan in die urienweg vassit – en dit kan regtig seer wees.

Almal loop ’n mate van ’n risiko om nierstene te ontwikkel. Nierstene kan op enige ouderdom vorm, maar dit kom gewoonlik in die middeljare voor - 40’s tot 60’s. Onder diegene wat een steen ontwikkel, sal die helfte in die toekoms ten minste nog een steen ontwikkel. Die mees waarskynlike rede waarom mense nierstene ontwikkel, is ontwatering. Wanneer urine te gekonsentreerd is, kan minerale opbou en stene vorm. Daar kan nie genoeg beklemtoon word hoe belangrik dit is om baie water te drink nie, want dit is die doeltreffendste manier om nierstene te voorkom. Ongeveer 80% van alle stene bestaan uit kalsiumoksalaat. Die behandeling van nierstene kan vergemaklik word as ’n mens weet waaruit die stene bestaan. Behandeling hang ook af van die grootte van die steen en die ligging daarvan. CT- skanderings of gewone x-strale kan help om die ligging vas te stel en die grootte van die steen te skat. Daar kan medisyne vir jou voorgeskryf word en jy kan aangeraai word om baie vloeistof te drink. Alternatiewelik kan ’n prosedure nodig wees om die niersteen op te breek of te verwyder.

Daar is verskeie prosedures om nierstene op te breek of te verwyder. Een hiervan is om skokgolwe van buite die liggaam na die steen te stuur. Ander strategieë vereis dat ’n instrument in die liggaam geplaas word – óf deur die urienweg, óf direk in die nier met behulp van chirurgie. Nadat die steen gevind is, kan dit in kleiner deeltjies opgebreek word. Niersteenleidrade Indien jy enige van die onderstaande simptome ervaar, kontak jou gesondheidsorgverskaffer: Skerp, erge pyn in jou rug, sy, onderbuik of lies; naarheid en braking; bloed in jou urine, wat dit pienk, rooi of bruin laat lyk; voortdurende behoefte om jou blaas te ledig; pyn wanneer jy urineer; probleme om te urineer.

Hoe om nierstene uit te skei

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

EduDen and the Butterfly Centre enjoyed a sports day of games and races on the Stanford Village Green. 

Grootbos Foundation
Anger Control and Emotional Healing Coaching

Anger Control and Emotional Healing Coaching

This is for you if anger is costing you more than you want to admit.

SASSA DATES FOR APRIL 2026

SASSA DATES FOR APRIL 2026

The South African Social Security Agency (SASSA) will be in the Overstrand on the following dates from 09:00 - 15:00.

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom home with beautiful wooden flooring.

Anger Is Not the Problem

Anger Is Not the Problem

Anger is not the problem, suppressed anger signals unmet boundaries and becomes destructive when not understood or expressed healthily.

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Looking for reliable, fast, and professional services for school or business? Look no further than PostNet Gansbaai.

PostNet Gansbaai
See All Articles