Sedert Desember 2004 word die Kersmark jaarliks in die Pretoriussaal gehou. Dit is gerig op die aankoop van bekostigbare kwaliteit geskenke vir Kersfees vir die hele familie. 'n Groot verskeidenheid eetgoed en lekkernye is te koop. Vrywilligers help jaarliks met aanwysings, toesighouding,verpakking van die aankope ensovoorts. 'n Lekker kuierkafee word daagliks deur die Vrouediens van die NGKerk bedryf met die doel om fondse in te samel.
Die sameroepers van die groot projek is Gys en Linda Cilliers, Tel 028 3880110, sel nr 082 722 8604
Besoek ons op Facebook