Gesellige Panfluitaand

Gesellige Panfluitaand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Gesellige aandjie met 'n panfluitspeler, Hendrik Britz en 'n begaafde sangeres, Miranda Oberholzer, is onlangs op kort kennisgewing gereël. Hierdie twee pragtige jongmense is ou kennisse van Pieter van der Merwe van Kleinbaai. Hulle het kom kuier en Pieter het spontaan besluit om vinnig 'n groep vriende vir 'n huiskonsert bymekaar te kry.

Marc en Alice Brindeau van Franskraal het hul ruim woning beskikbaar gestel en verversings is inderhaas gereël.

Hendrik, wat doof in sy regteroor is, speel reeds van kleins af klavier. "Maar toe ek op 15-jarige ouderdom na die fantastiese klanke van 'n panfluit luister, het ek besluit dat dít is wat ek wil doen." Miranda het vir Hendrik tydens 'n musiekfees ontmoet en ná 6 jaar tree hulle steeds saam op. Altwee van hulle skryf musiek en werk ook aan hul onderskeie musiekalbums. Sterk Christelike agtergrond het duidelik tydens hulle optrede na vore getree en letterlik uit hulle gestraal. "Ek het oom Pieter jare gelede in Pretoria by sy musiekskool ontmoet. Ek wil 'n spesiale dankie aan hom opdra vir die saadjie wat hy destyds in my geplant het. Ek glo hy kan vandag die vrugte van daardie saadjie in my sien," het Hendrik gesê. Hulle het die byeenkoms met die bekende Charriots of Fire se Afrikaanse weergawe van Jan de Wet geopen…Hendrik met die panfluit en Miranda met haar bekoorlike sang.

'n Gesellige Panfluitaand, met vlnr Hendrik Britz (panfluit-speler) en Miranda Oberholzer (sanger), saam met Pieter van der Merwe van Kleinbaai.

Hulle het die groot groep gaste met 'n groot hoeveelheid liedere vermaak, telkens onder luide applous. Hendrik het homself as Pipe Fantasies Panflute Pergormance geregistreer en vervaardig self ook panfluite wat te koop aangebied word. Sy kontakbesonderhede is 082-923-3315 of info@pipefantasies.co.za. Miranda was so opgewonde met hulle eerste kennismaking van Overstrand en De Kelders waar hulle gratis by Liesje van Woerkom oorgebly het, dat sy dadelik na haar pen gegryp het: "'n Stukkie Hemel: Doer in 'n hoekie, is 'n plekkie van rus. Daar vind jy jou drome, waar jy jouself is. Die uitsig met silver, in skitter bekleë, die mooiste natuur, wat lewe gee. 'n Sagtheid kom rus op jou siel en verstand. Hier vat die vrede jou aan die hand. Dit lei jou na 'n plek so na aan jou hart. Jy voel sommer tuis, ver van jou smart. So kom maak gou 'n draai hier in ons Gansbaai, waar skulpe en rotse jou heeldag betower. De Kelders bied aan, 'n stukkie hemel. Die Here het dié plekkie aan haar beskore. So lief soos haar hart, 'n kosbare mens, dit is haar passie, 'n paradys-wens."            

Hardus Botha

Gesellige Panfluitaand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles