Fotografieklub flits 2013 binne

Fotografieklub flits 2013 binne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bestuur en lede van Gansbaai Fotografieklub het heerlik gerus, maar op Maandag, 21 Januarie 2013 het hulle 2013 met hul kameras op volle vaart binne geflits.

Die klub se "wen-fotograaf", Hugh-Daniel Grobler se uitstaande weerligfoto met Hermanus se liggies in die agtergrond

Linda Kloppers (sameroeper) het na die moontlike verkryging van 'n groot skerm vir die klub, ter wille van beter kwaliteit vir foto's, verwys. Sy het gemeld dat 'n borg in hierdie verband baie welkom sal wees. Sy het klublid Hugh-Daniel Grobler ook met sy enorme pryse wat hy losgeslaan het, gelukgewens. (Sien berig op bl. 3 van hierdie uitgawe) Voorsitter Christo Wessels het met die bekendstelling van 'n Konsep Grondwet en embleem vir die klub weggespring. Baie moeite en navorsing is deur hom gedoen en klublede het tot Sondag, 27 Januarie tyd gehad vir kommentaar, waarna die Konsep Grondwet goedgekeur sal word. Die Grondwet omskryf die klub amptelik as "Gansbaai Fotografieklub" en bevat alle relevante inligting vir 'n gestruktureerde fotografieklub. "Dit bly steeds 'n 'vriendelike' fotografieklub waarby beginners met mik-en-druk kameras kan kom aansluit," het Christo gesê. "Ons gaan beslis nie nou 'professioneel' raak en beginners daardeur afskrik nie, dit is net nodig om 'n gestruktureerde klub te wees, onder andere om etlike byvoordele te mag geniet." Christo se ontwerp van 'n embleem vir die klub is met 'n enkele wysiging ook aanvaar. Nadat alle formaliteite afgehandel is, het Christo die klublede se foto's met die tema, "Skulpies en Weer (weather)" vertoon. Klublid Marc du Plessis is aangewys om opbouende kritiek en sinvolle kommentaar te lewer en hy was baie tevrede met die hoë kwaliteit van foto's wat ingedien is. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Sprekers word gereeld gereël en verder is elke byeenkoms baie gesellig en informeel, met vele geleenthede om meer rakende kameras en fotografie te kan leer.
Die volgende byeenkoms is op Maandag, 4 Februarie 2013, met die tema vir foto's: "Shadows & Reflections". (2 Feb in vorige Dagboek is foutief!) Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha

Fotografieklub flits 2013 binne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles