Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bou van die teerpad tussen Gansbaai en Bredasdorp (via Baardskeerdersbos en Elim) het al vir minstens die afgelope vyf jaar groot opgewondenheid in die gemeenskap aangewakker.  Die voordele wat die projek vir padgebruikers, die toerisme- en landbousektor, asook ander geaffekteerdes inhou, is legio.  Die ongerief wat oor ‘n tydperk van minder as drie jaar gedurende die konstruksiefase ondervind sal word, word dus as gering geag gemeet teenoor die potensiaal wat vir die toekoms van die area ontsluit sal word.

Gedurende 2012 is die nuus gebreek dat die Premier van die Wes-Kaap, Me Helen Zille in haar begrotingstoespraak aangekondig het dat daar in die meerjarige begroting van die Provinsiale Regering voorsiening gemaak is vir die bou van die oorblywende ongeteerde gedeelte (±18 km) van die roete.  Tenders is deur die Departement van Vervoer aangevra en almal was baie verheug toe daar berig is dat die departement daarin kon slaag om ‘n tender (binne die begrote bedrag) toe te ken aan dieselfde kontrakteur (Mnre. Haw & Inglis) wat by vorige fases van die projek betrokke was.  Verder is daar ook daarin geslaag om die Raadgewende Ingenieurs, Hawkins, Hawkins & Osbourne (HHO) aan te stel om die padontwerp en bestuur van die projek te behartig.  Voormelde firmas het reeds ‘n gesonde verhouding met die plaaslike gemeenskap opgebou en die kontinuïteit wat bewerkstellig is, sal beslis die uitvoering van die projek vergemaklik.
Die konsultante het reeds hul eerste ontmoeting met moontlike geaffekteerdes bewerkstellig en die onlangse geleentheid waarna lede van die Strandveld Boerevereniging en die Baardskeerdersbos Huiseienaarsvereniging uitgenooi was, was goed bygewoon.  Die konsultante is tans besig om probleemareas wat reeds uitgewys is, te ondersoek sodat moontlike oplossings in hul beplanning ingebou kan word.  Die konstruksiefase gaan talle uitdagings bied aan normale verkeer soos byvoorbeeld melktrokke, die skoolbus, persone wat reeds akkommodasie en huweliksbyeenkomste langs die roete bespreek het en ander gereelde padgebruikers.  Sorgvuldige beplanning word gedoen om ongerief in hierdie verband tot die minimum te beperk.

Ander formaliteite soos die wettiging van die ontginning van gruisgroewe langs die roete is reeds in proses en ook in hierdie verband word alles moontlik gedoen om soveel as moontlik groewe te benut sodat materiaal nie onnodig oor lang afstande vervoer hoef te word nie.

Fisiese konstruksie gaan waarskynlik op 1 Maart 2013 in aanvang neem en sal na verwagting vir ongeveer 30 maande duur.  Alle geaffekteerdes word vriendelik versoek om volle samewerking te gee aan die kontrakteur en konsultante om hierdie langverwagte droom ‘n werklikheid en waardevolle nalatenskap vir die Gansbaai area te maak.  Die vertroue word uitgespreek dat hierdie projek aan alle verwagtinge sal voldoen en talle positiewe gevolge vir die gebied sal inhou.
Die gemeenskap van Gansbaai en omgewing wil graag die Provinsiale Regering (Wes-Kaap) hartlik bedank vir aflewering op ondernemings en beloftes wat voorheen gemaak is – dit word opreg waardeer dat die potensiaal van hierdie deel van die provinsie raakgesien en verder ontgin word.

Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles