Dié gelukkige man sê daar is op die oomblik net één plek om te vang, en dis Platjieskraal. Groot en baie kabeljou is daar aan die orde van die dag, volgens hom. Mag wees, maar elke dag is nie vangdag nie! By Haaiklip lyk die water baie goed en die amperbootjies doen hulle ding. Is dit nodig om te sê dat die ander goeie opsie, die Gruis is? Kabeljou bly steeds in die nuus terwyl die ander vis, soos geelbek hulle skaars hou.
Hierdie Hardebaard het al jare terug van die volgende gebeurtenis vertel. Omdat hy nie daarvan hou dat sy naam gemeld word nie, eerbiedig ek dit.
Hy het vertel hoe hy, in die tyd toe die GPS nog nie standaard-toerusting was nie, en sy kompas buite werking, met sy bemanning op see vasgekeer was. Die mis was dik en hulle het geen benul gehad waar hulle was nie. Niemand op die boot was seker nie. Toe iets uiteindelik voor hulle opdoem, kon dit die Punt of net sowel Dyers-eiland wees. Wat toe gebeur het toon wat jare se ervaring gekombineer met gesonde verstand kan vermag -- vereistes vir ‘n goeie skipper. ‘n Seevoël met ‘n takkie in sy bek het oor die boot gevlieg en die skipper het geweet dat hierdie voëls slegs op Dyer-eiland nesmaak en op pad was soontoe. Daarvolgens het hy sy rigting bepaal en sy bemanning uiteindelik veilig Kleinbaai-hawe ingelei.
Ek vertel weer hierdie storie ter illustrasie wat gedoen kan word met die nodige kennis. Nie almal is beskore hiervoor nie en sal moet oppas vir so ‘n situasie. Daar is wel sekere stappe wat, indien dit gevolg word, die kanse dat so iets gebeur, verklein.
Enige persoon wat ‘n boot see toe neem moet verseker dat die boot en alles wat daarmee saamgaan in ‘n baie goeie kondisie is. Buiteboordmotors moet gereeld versien en getoets word. Dit spreek vanself dat veiligheidstoerusting op datum en byderhand moet wees. Alles in ag genome sal dit wys wees om te let op ‘n paar ander faktore, byv. die toestand van die battery -- en is daar twee motors, altwee batterye. Onthou, werk die battery(e) nie, skakel dit baie van die ander toestelle uit. Selfs met die kennis en insig van die Hardebaard hierbo gemeld, sal ‘n GPS omtrent ‘n vereiste wees, en maak seker jy weet hoe hierdie toestel werk! Hoewel ‘n visvinder nie so belangrik is nie, kan dit tog diepte aandui (indien jou battery werk!) en sal help om jou posisie aan iemand te verduidelik. Mis smokkel met enigeen se kop en ‘n GPS is dan goud werd. Eers wanneer jy in sulke omstandighede op see beland, sal jy werklik besef hoe belangrik dit is.
Maar dan mag dit te laat wees. Op see is daar nie altyd ‘n tweede kans nie. Buiten al hierdie voorbereidings moet daar ook wyslik besluit word wanneer see toe gaan ‘n goeie en veilige opsie is.
Daar is soveel ander faktore wat ‘n invloed kan hê wanneer jy die dag met jou boot see toe gaan dat selfs ‘n boek hieroor beperkend sal wees. Probeer die basiese goed reg doen en bo alles, wees versigtig en tree kalm en verstandig op. Groete,
Seemeeu
Nood op see
07 February 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse
Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.
The Truth About Anger
Many people believe peace comes from controlling anger.
Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom
Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch
This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai
At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...
Brushcutter Hire in Gansbaai
If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.












