Blog

Koronavirussiekte (COVID-19) Hoe Om Jouself Te Beskerm

Koronavirussiekte (COVID-19) Hoe Om Jouself Te Beskerm

Gansbaai Pharmacy

Koronavirussiekte (COVID-19) Hoe Om Jouself Te Beskerm

Die meeste mense wat siek word, word effens siek en herstel, maar vir party kan dit erger wees.

 
Kyk na jou gesondheid en beskerm ander deur die volgende te doen:

Was jou hande gereeld:

HOEKOM? As jy jou hande deeglik met seep en water was of alkoholgebaseerde handwasmiddels gebruik, maak jy virusse dood wat dalk op jou hande kan wees.

Droog jou hande met ’n skoon, vars papierhanddoek af en gooi dit dadelik na gebruik weg.

Handhaaf sosiale afstand:

Handhaaf ten minste een meter tussen jouself en enigiemand wat hoes of nies. HOEKOM? Wanneer iemand hoes of nies, versprei daar klein druppels uit hulle neus of mond, en dit kan die virus bevat.

As jy te naby is, kan jy die druppels wat die COVID-19 virus bevat, inasem as die persoon wat hoes die siekte het.

Moenie aan jou oë, neus en mond vat nie: HOEKOM? Hande vat aan baie oppervlakke en tel virusse op. Sodra dit besmet is, kan hande die virus na jou oë, neus of mond versprei. Die virus kan so jou liggaam binnekom en jou siek maak.

Handhaaf respiratoriese higiëne:

HOEKOM? Maak seker jy en die mense om jou handhaaf goeie respiratoriese higiëne.

Dit beteken om jou mond en neus met jou gebuigde elmboog of ’n snesie te bedek wanneerjy hoes of nies. Gooi dan dadelik die gebruikte snesie weg. Druppels versprei die virus. Met goeie respiratoriese higiëne beskerm jy die mense om jou teen die COVID-19 virus.

As jy koors het, hoes of sukkel om asem te haal, kry betyds mediese sorg: Bly by die huis as jy nie lekker voel nie. As jy koors het, hoes, en sukkel om asem te haal, kry mediese hulp en bel voor die tyd. As jy vooraf bel, gee dit jou gesondheidsorgverskaffer kans om jou vinnig na die regte gesondheidsfasiliteit toe te stuur. Dit sal jou en diegene rondom jou beskerm en help om die verspreiding van virusse en ander infeksies te voorkom. Bly ingelig en volg advies wat deur jou gesondheidsorgverskaffer gegee word.

Hoe om spanning gedurende hierdie virusuitbreking te hanteer: Dit is normaal om hartseer, gespanne, deurmekaar, bang of net gewoon kwaad te wees tydens ’n krisis. Dit kan help om met mense te praat wat jy vertrou.

Waar en hoe om maskers te gebruik: As jy gesond is, hoef jy slegs ’n masker te dra as jy iemand met ’n vermoedelike koronavirusinfeksie versorg. Dra ’n masker as jy hoes of nies. Maskers is slegs effektief as jy ook gereeld jou hande met alkoholgebaseerde middels of seep en water was.

Hoe om ’n masker aan te sit, te gebruik en weg te gooi:

- Was jou hande met ’n alkoholgebaseerde handwasmiddel of seep en water voordat jy ’n masker aansit.

- Maak jou mond en neus toe met die masker en maak seker daar is geen gapings tussen jou gesig en die masker nie.

- Moenie aan die masker vat terwyl jy dit dra nie. As jy dit doen, was eers jou hande met ’n alkoholgebaseerde handwasmiddel of seep en water.

- Vervang die masker met ’n nuwe een sodra dit klam is en moenie enkelgebruikmaskers weer gebruik nie.

- Verwyder die masker van agter af (moenie aan die voorkant raak nie) en gooi dit dadelik weg in ’n toe asblik.

- Was dadelik jou hande met ’n alkoholgebaseerde handwasmiddel of seep en water.

Koronavirussiekte (COVID-19) Hoe Om Jouself Te Beskerm

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles