Blog

8 Beste Gesondheidswenke Vir Vroue

8 Beste Gesondheidswenke Vir Vroue

Gansbaai Pharmacy

8 Beste Gesondheidswenke Vir Vroue

1. Slaan jou stres vir ’n ses. Stres kan noemenswaardige gesondheidsnagevolge hê - van onvrugbaarheid tot ’n verhoogde risiko vir depressie, angs en hartsiekte. Kry die stresverlagingsmetode wat vir jou werk en hou daarby.

2. Hou op om ’n dieet te volg. Gesond eet beteken nie dat jy jou gunsteling glasie wyn moet laat vaar, of nie elke nou en dan ’n stukkie sjokoladekoek eet nie.Die antwoord is altyd matigheid. Eet ’n verskeidenheid maer proteïne, gesonde vette, slim koolhidrate en vesel.

3. Moenie die kalsium oordoen nie. Te veel geabsorbeerde kalsium kan die risiko vir nierstene verhoog. As jy onder 50 is, probeer om 1 000 milligram per dag in te neem, terwyl vroue ouer as 50 1 200 milligram per dag moet inneem. Dit moet hoofsaaklik deur hulle dieet geskied - ongeveer drie porsies kalsiumryke voedsel soos melk, salm en amandels per week.

4. Doen meer as kardio. Vroue het ten minste drie tot vyf keer per week ’n mengsel van kardio en weerstands-of gewigdraende oefening nodig om te help om osteoporose, hartsiekte, kanker en diabetes te voorkom. Oefening bevorder ook ’n goeie selfbeeld, wat regtig belangrik is vir ’n vrou se geestesgesondheid.

5. Waardeer geboortebeperking. Geboortebeperking kry dikwels slegte publisiteit, maar dit voorkomnie net swangerskap voordat jy reg is nie - studies toon dat dit die risiko vir baarmoeder- en ovariale kanker verlaag en ook jou siklus reguleer.

6. Besoek elke jaar jou dokter. Maak seker dat jy, as jy 21 of ouer is, elke drie jaar ’n papsmeer kry om vir servikale kanker te toets. As jy tussen 30 en 65 is, moet jy elke vyf jaar beide ’n papsmeer en ’n HPV- toets kry. Indien jy seksueel aktief is en ’n hoër risiko het vir seksueel oordraagbare siektes, laat jou jaarliks vir chlamydia, gonorree en sifilis toets. Moenie jou jaarlikse besoek oorslaan nie. Jou dokter moet jaarliks vasstel of daar enige ander probleme soos potensiële infeksie is, wat jou behoefte aan voorbehoeding is en of daar seksuele klagtes is.

7. Kry meer slaap. Slaapbehoeftes verskil, maar as jy sukkel om op te staan, vinnig moeg raak, of sukkel om te konsentreer, kry jy dalk nie genoeg slaap nie. Onlangse studies dui daarop dat dit jou risiko vir hartsiekte en sielkundige probleme verhoog.

8. Oorweeg genetiese toetse. Jou ginekoloog kan nou vroue met ’n familiegeskiedenis vir borskanker, ovariale kanker en chroniese siektes toets om hulle risiko te bepaal, en dan voorkomende maatreëls oorweeg.

8 Beste Gesondheidswenke Vir Vroue

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Ideas Become Opportunity

Where Ideas Become Opportunity

Grootbos Foundation's update this week is short but full of delightful highlights.

Grootbos Foundation
Outgrow What’s Holding You Back

Outgrow What’s Holding You Back

You’re constantly second-guessing yourself at work.

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026.

Gansbaai Golf Club
When You Work With a Narcissist

When You Work With a Narcissist

You start to question yourself.

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

At The Great White House, we are conscious of the seafood we serve...

Great White House
Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles