
Baie Geluk, Juffrou Niveena!
Juffrou Niveena is tans in Gauteng, waar sy vandag haar B.Ed. Grondslagfase-graad in ontvangs neem.
Ons is ongelooflik trots op haar en die harde werk, deursettingsvermoë en toewyding wat sy aan die dag gelê het om hierdie groot mylpaal te bereik.
Mag hierdie besondere prestasie die begin wees van ’n pragtige nuwe hoofstuk.












