Bietoubossers en Toerisme

Bietoubossers en Toerisme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die op-en-wakker dames van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders, het tydens hulle byeenkoms op 9 April 2013, meer oor "te doen en te sien" in die omgewing geleer.

Vlnr is Lettie van Deventer, Glenda Kitley en Aletta Lochner tydens die oorhandiging van 'n blyk van waardering aan Glenda

Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley, het die Bietoubossers meer hieromtrent ingelig. "Soos wat Glenda se inligtingspraatjie gevorder het, het die lede net weer opnuut besef dat 'n mens nooit in ons omgewing verveeld hoef te raak nie," vertel Elizma de Lange. Sy sê net om van al die staproetes te kon verneem, was alreeds 'n inligtingsessie in eie reg. Glenda het die dames onder andere ingelig oor die Duiwelsgat-, Heidehof-, Melkhout- en Platbosstaproetes, tot by die staproetes by Grootbos Natuurreservaat, Flower Valley en Klipgat by De Kelders. "Dan is ons ook behoorlik deur Glenda ingelig oor die Strandveldmuseum, die Drupgrotte by Kelders, Fantasy Garden en die Plaastuin, veral vir besoekende kleinkinders, en om nie te vergeet van wynproe by Lomond, asook die haai- en walviskyk-uitstappies vir die avontuurlustiges nie." Elizma sê Platbos is juis verlede maand deur die Bietoubossers besoek en almal wat daar was, het dit as 'n onvergeetlike besoek beskryf. Glenda het die Boetoubossers aangemoedig om die Toerismeburo meer gereeld vir inligting te besoek.

Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Hulle kan by 028-394-1439 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Die indrukwekkende webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com. Na die insiggewende praatjie het die tevrede en ingeligte Bietoubossers se Lettie van Deventer 'n blyk van waardering aan Glenda oorhandig. Elizma herinner lede en voornemende lede aan die volgende byeenkoms van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders op 14 Mei 2013 in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk, met 'n "Moedersdag" tema.

Navrae kan aan die klub se voorsitter, Annette van Zyl, by 028-384-1075 of 083-291-1829 gerig word.
                                      
Hardus Botha

Bietoubossers en Toerisme

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles