Gansbaai Marine Leerlingskaptoekennings

Gansbaai Marine Leerlingskaptoekennings

Gansbaai Courant

Die groot groep Gansbaai Marine vakleerders wat hul NQF2 sertifikaat, asook ‘n R1,000 bonus, ontvang het

Dit was onlangs weer tyd vir Gansbaai Marine om Leerlingskapsertifikate te oorhandig. "Leerlingskappe is ‘n beroepsgerigte jaarprogram wat uit gestruktureerde teoretiese leer en praktiese werksplek ondervinding bestaan," vertel Hennie Ritter van Gansbaai Marine. Hy sê Leerlingskappe is voordelig vir werklose persone, aangesien hulle ‘n NQF 2 kwalifikasie na die suksesvolle voltooiing van die kurses ontvang. Dit plaas hulle dan in ’n beter posisie om werk in die voedselvervaardiging-sektor en/of visindustrie te kry. "Die Fabriek verloor nie werk-nemers vir lang tydperke aan opleiding nie, aangesien werkloses opleiding ontvang." Leerlinge verdien tot R7,500 vir teorie-klasse per jaar bygewoon en verdien dan verder produksielone vir die praktiese ondervinding wat hulle in die Inmakery opdoen. Die nodige fondse word deur FoodBev SETA beskikbaar gestel, wat bepaal word deur die Wet op Vaardigheidsontwikkelingheffings uit Gansbaai Marine se 1% van die totale lone- en salaris-betaalstaat, wat as 'n vaardigheidsontwikkelingsheffing aan die Nasionale Vaardigheidsfonds oorbetaal word. Hennie sê vanaf  2010 - 2012 is R3,341 miljoen aan leerlinge en diensverskaffers deur Foodbev Seta oorbetaal, wat ten volle vir leerlingskapopleiding benut is.

15 fabriekwerknemers en 156 werklose leerders het die kursus suksesvol voltooi. Dit is uit 'n getal leerders van 228 wat oorspronlik met die opleiding begin het. Indiensneming by die fabriek, alhoewel nie gewaarborg in die leerlingskapkontrak nie, beloop sowat 50%. 56 leerders is vir 2013 geregistreer om opleiding te ontvang. "Die oorhandiging van hierdie sertifikate is jaarliks ‘n hoogtepunt in die SEB Komittee se dagboek, aangesien leerders met 'n NQF2 sertifikaat, asook ‘n R1,000 bonus vir harde werk, beloon word," sê Hennie. Na afloop van die oorhandigings word daar gesellig met verversings saamgekuier.

Die ontvangers van sertifikate is (Van-volgorde) Absolome Willida Pauldene, April Mea Jane, Barends Anvor Manfred, Bernardus Eunice Ann, Bilitsho Khululwa, Booysen Jenean Elestine, Bosman Lesego Moffat, Claassen Adriehan, Davids Karel Marthinus, De Jager Leone Antoinette, Dickson Alvina, Dunsdon Eldrich Jaymian, Faku Nwebisa, Foster Danielle Juanita, Gcakeni Zimasa Gloria, Gilikidla Tembisa, Gqiza Nomfuyo, Gqosha Lindiswa, Hlaziya Pamela, Jack Ayakha Nancy, Jacobs Ben, Jenneke Maria Magdeline, Jumath Marno Yovanne, Koert Tiowen Johannes, Madlala Simesihle, Maqebula Nonyameko, Maritz Jacolene Mariette, Mars Venita Brumilda, May Calvin Johannes, Mbengashe Ncomeka, Mdinwa Ntombikayise, Mncameni Busisiwe, Mnukwa Nomvuyelelo, Mokwene Dipuo, Moos Lee-Roy, Moses Johannes Vaarie, Mthambeki Ntomboxolo, Mtshazi Noncedo, Ndamase Nomveliso Ester, Ndlazi Nolubusiso, Nkundleni Nomsa, Nogapa Nosicelo, Ntshewula Thandiswa Beauty, Nyangiwe Monica, Oktober Heineresa Jane, Palamahashe Ayanda, Pambukele Ntombencinci, Qaco Bukelwa, Qaco Nolukholo, Qengqa Maureen, Sawana Nkululeko, Sidzevu Khunjulwa, Sityana Xoliswa, Steenekamp Dorisha, Tente Tamolo, Titus Elsie Petronella, Van Huyssteen Wilna, Van Wyk Heslene Edwina, Wardt Nadia Maryke en Yana Nomvuyo Signoria. Twee direkteure, Nevil Titus en Micheal Lolwana, het vanjaar se oorhandiging van sertifikate waargeneem, terwyl Ronelle Swart en Marieta Uys die administrasie-gedeelte hanteer het.
                   
Hardus Botha

Gansbaai Marine Leerlingskaptoekennings

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles