Na die nederlaag teen Worcester (Villagers) verlede Saterdag vereis dit nou planmatige optredes.
Om dit te kan bereik sal innovasie, harde werk en ‘n pragmatiese benadering van alle rolspelers op die dorp op alle vlakke verg.
Black Leaves Rugby Voetbalklub van Gansbaai bevind hom glad nie in ‘n gunstige posisie nie, wat nog te sê met drie middelmatige spanne teenoor die groter en fisieke opponente. Verlede Saterdag het die beskikbare manne vir hulle dorp gaan bloei op Worcester. Kyk, Worcester, het dit behoorlik laat dreun op die manne, maar die Baaienaars het geensins ophou veg voordat hulle die opponente se doellyn oorgesteek het nie. Brawe Trojane.
Daar lê nog ‘n vreeslike opdraende pad voor waarvan daar nou hand uitgesteek moet word vir hulp tot redding. Met ander woorde help red die klub deur aktief te wees en begrip te hê vir die probleme, uitdagings en geleenthede tot ontwikkeling.
Black Leaves staar Wellington komende Saterdag 11 Mei in die gesig. Die uwe kan geen vooruitskatting gee van wat gaan gebeur nie. (Wag maar eers).
Apatie of belangeloosheid van spelers skep ‘n vrugbare teelaarde vir dwelms, bendes, ‘n verbrokkelde gemeenskap, en ‘n flagrante verontagsaming van wet en orde. Rugby bring goeie praktye. Kom ouers, stuur julle seuns en moedig hulle aan. Sterkte teen Wellington, Black Leaves.
So sê Bra “G”
Black Leaves stuur SOS uit
09 May 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
After the Rain: A Few Things Every Homeowner Should Know
The Garden Route and other parts of the Western Cape have been cleaning up after relentless rain and flooding.
Change Your Beliefs, Change Your Life
Perhaps you've said them about your anger.
The Carnivorous Plant Under the Microscope
What's under the microscope? The entomologists are kicking off the spooky season with the carnivorous plant Drosera cistiflora.
10-Second Test Before Repainting Your Exterior Wall
Before you start painting, try this simple test on the sunniest side of your house.
8-Year-Old Pekingese Looking for a Loving Forever Home
Meet this little Pekingese looking for his forever home!












