2013 Gemeente Webblad - Nuwe Kommunikasiekanaal

2013 Gemeente Webblad - Nuwe Kommunikasiekanaal

NG Kerk Gansbaai

Annaleen is die sameroeper vir ons NG gemeente-webblad en sy hanteer ook die opda-
terings en instandhouding van die blad. Ons het haar gevra om ons meer te vertel van die webblad waarop ons gemeente, danksy haar, tereg baie trots kan wees.

♦   Annaleen, waar het die gedagte vir die webblad ontstaan? Volgens Maureen Voigt, sameroeper vir bediening: kommunikasie was daar reeds twee geleenthede waar die skep van ’n eie webblad gefigureer het, maar dit kon weens koste en ander faktore nie gerealiseer nie.   Ek het gedurende 2012 by die gemeentebou-kommunikasiespan aangesluit, aanvanklik om Maureen na haar oogoperasie met tik-werk ensovoorts te help. Toe die geleentheid opduik om deel van die Gansbaai Explore-projek met ‘n eie webblad vir die kerk te begin, het die span dit met albei hande aangegryp.

Wat behels die Gansbaai Explore-projek? Dit is ‘n projek deur die Droid-span om alle aspekte van Gansbaai intensief op die internet te bemark. Alle organisasies, besighede, dienste, kerke, ensovoorts, kan deel in hierdie projek.

Elke organisasie het natuurlik sy eie webblad wat oorhoofs deur Gansbaai Explore (Droid) bestuur word, vandaar die webadres www. gansbaai. com/ng-church/

Wat behels die werkswinkels/opleiding om die blad te bou en in stand te hou? Gansbaai Explore (Droid-span) het geduren-de Nov./Des. 2012 verskeie werkswinkels aangebied waar ons voorligting ontvang het hoe om die blad te bou, wat ons kan doen en wat nie. Ons bepaal self watter inligting geplaas word. Geen beperking op die hoeveelheid inligting (content) word geplaas nie. Ons kon werk vanaf die tuisblad (home page) wat reeds ge-skep was en daarvandaan  volgens behoefte uitbrei. Vir hierdieamper rekenaarongeletterde vrou was dit ‘n belewenis.
Met die eerste werkswinkel was dit die ene senuwees, maar dit het algaande beter gegaan. Die vriendelike jongmense van die Droid-span is steeds baie behulpsaam.

Wat kan op die blad gelees/ gesien word? Daar is ’n volwaardige webblad met verskillende skakels (linkerkant op die skerm): Home vertel kortliks wie ons is. Ons strewe is ons embleem, visie, missie, gemeentelied  en die pragtige kwilte se simboliek. So werk ons is besonderhede van ons leraars, die kerkraad, kommissies en bedieninge, streke en wyke en die samewerkingsooreenkoms met die VGK. Geloofsbou is preke, ’n vraebus (wat ongelukkig nie juis ondersteun word nie), Bybelstudie, voorbidding en geestelike artikels. Nuus-brokkies sluit die kalender (dagboek) in. Geskiedenis behels ons gemeente van toeka tot nou. Daar is ook 'n Foto’s en  Kontak ons blad.

♦  Wat is jou gevoel en ervaring sedert jy die blad begin het? Vir my was en is die blad steeds ‘n uitdaging. Dit is lekker om dit in my eie tyd te doen; dus is ek nie blootgestel aan spertye nie. (Dit laat ek vir die predikante om hul preke betyds te voorsien vir plasing.) Ek het kennis gemaak met die geskiedenis en ander aspekte van die kerk/gemeente wat andersins dalk nie sou gebeur het nie. Bowenal, die preke en ander artikels wat hoofsaaklik deur ons plaaslike predikante gekryf word, het vir my baie meer betekenis gekry. Dit is verrykend om dit weer deur te werk en dan op die internet met ander te kan deel. Voorwaar ‘n positiewe ervaring!

♦   Wat is jou wense vir die blad? Ons “droom” dat die blad vir ons lidmate, veral hulle met familie/kinders oorsee of ver weg, as ‘n geestelike tuiste en saambindende kommunikasie-kanaal gebruik sal word. Maar eerstens bid ons dat God die blad tot sy eer en uitbreiding van sy koninkryk sal gebruik.

2013 Gemeente Webblad - Nuwe Kommunikasiekanaal

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles