Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

NG Kerk Gansbaai

Die kerkraad van die VG gemeente kyk in 2013 met dankbaarheid  terug op die 40 jaar van hul kerkgebou se bestaan en die genade en seën wat hulle as gemeente ontvang het.

Ouderling Norman Sauls het ons gehelp om die inligting vir hierdie artikel in te samel:
“In 1946 is ‘n Sendinggemeente deur eerwaarde Venter gestig. Alhoewel daar voor 1946, vanaf Napier, Sendingwerk gedoen is, word 1946 gesien as die jaar wat die vlam van God in hierdie gemeente aangesteek is. Die eerste sendingkerkie was ‘n opslaantipe. Die behoefte aan ‘n eie kerk was vir baie van ons lidmate ‘n lewensideaal.

Die hoeksteenlegging van die nuwe sendingkerk (huidige VG kerk) in Blompark het op Sondag 13 Mei 1973 met basiungeskal van ‘n blaasorkes van Elim, plaasgevind. Die hoeksteenlegging is deur die 84-jarige tant Annie Fourie waargeneem. Sy het R12 000 vir die oprigting van die kerk geskenk. Dit was ‘n hartroerende geleentheid. Ds. E.C. Nel, sendingleraar, het die verrigtinge waargeneem. Mnre. Bokkie Botes en C.P. Brand het ‘n groot aandeel in die opbou van die sendinggemeente en die kerkgebou gehad.

Die VG gemeente bestaan uit die wyke Gansbaai, Stanford en Pearly Beach. Plaaswyke isook hierby ingesluit.

Die Verenigde Gereformeerde Kerk was destyds ‘n werkkring van Napier en elke maand moes gereël word dat babas gedoop en nagmaal bedien word en dit het dan op sekere Sondae geskied. Lidmate van buitewyke soos Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Stanford is per lorrie aangery.
Evangelis Jacobus Julies is aangestel en bevestig as die eerste evangelis om die gemeente en die buitewyke te bedien. Na sy afsterwe is ds. Dennis Naidoo op 12-11- 2006 as leraar bevestig. Hy bedien die gemeente tot in 2009.

‘n Samewerkingsooreenkoms is reeds in 2003 tussen die NG en VG gemeentes van Gansbaai gesluit. Ds. Dirk van Dyk is die voorsitter van die Gespreks- en Aksiekommissie vir Kerkeenheid (GAKK)en verleen as leraar hulp met kerkaangeleenthede.

Gesamentlike eredienste, nagmaalviering, sowel as kanselruiling, het intussen al ‘n instelling geword. Die GAKK is besig om sending- en barmhartigheidsdiensprojekte te identifiseer waarby beide gemeentes betrokke kan wees. Om bedieningstrukture, soos jeug- en vroueaksies en pastorale werk te integreer, benodig oorleg, want faktore soos tradisies en eie identiteitsgevoelens van beide gemeentes moet in ag geneemword. Die jongste aanbeveling is dat verteenwoordigers van die gemeentes oor en weer in kommissies en besture sal dien".

Ouderling Sauls noem ook dat hul kerkraad beplan om ‘n feestelike geleentheid, om die hoeksteenlegging van 1973 te vier, vir ‘n latere stadium te reël.

(Op die foto verskyn ds Dirk van Dyk, ds Dennis Naidoo, ds Dawid Botha, dr Bobo van Zyl en ouderling Norman Sauls)

Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles