Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

NG Kerk Gansbaai

Die kerkraad van die VG gemeente kyk in 2013 met dankbaarheid  terug op die 40 jaar van hul kerkgebou se bestaan en die genade en seën wat hulle as gemeente ontvang het.

Ouderling Norman Sauls het ons gehelp om die inligting vir hierdie artikel in te samel:
“In 1946 is ‘n Sendinggemeente deur eerwaarde Venter gestig. Alhoewel daar voor 1946, vanaf Napier, Sendingwerk gedoen is, word 1946 gesien as die jaar wat die vlam van God in hierdie gemeente aangesteek is. Die eerste sendingkerkie was ‘n opslaantipe. Die behoefte aan ‘n eie kerk was vir baie van ons lidmate ‘n lewensideaal.

Die hoeksteenlegging van die nuwe sendingkerk (huidige VG kerk) in Blompark het op Sondag 13 Mei 1973 met basiungeskal van ‘n blaasorkes van Elim, plaasgevind. Die hoeksteenlegging is deur die 84-jarige tant Annie Fourie waargeneem. Sy het R12 000 vir die oprigting van die kerk geskenk. Dit was ‘n hartroerende geleentheid. Ds. E.C. Nel, sendingleraar, het die verrigtinge waargeneem. Mnre. Bokkie Botes en C.P. Brand het ‘n groot aandeel in die opbou van die sendinggemeente en die kerkgebou gehad.

Die VG gemeente bestaan uit die wyke Gansbaai, Stanford en Pearly Beach. Plaaswyke isook hierby ingesluit.

Die Verenigde Gereformeerde Kerk was destyds ‘n werkkring van Napier en elke maand moes gereël word dat babas gedoop en nagmaal bedien word en dit het dan op sekere Sondae geskied. Lidmate van buitewyke soos Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Stanford is per lorrie aangery.
Evangelis Jacobus Julies is aangestel en bevestig as die eerste evangelis om die gemeente en die buitewyke te bedien. Na sy afsterwe is ds. Dennis Naidoo op 12-11- 2006 as leraar bevestig. Hy bedien die gemeente tot in 2009.

‘n Samewerkingsooreenkoms is reeds in 2003 tussen die NG en VG gemeentes van Gansbaai gesluit. Ds. Dirk van Dyk is die voorsitter van die Gespreks- en Aksiekommissie vir Kerkeenheid (GAKK)en verleen as leraar hulp met kerkaangeleenthede.

Gesamentlike eredienste, nagmaalviering, sowel as kanselruiling, het intussen al ‘n instelling geword. Die GAKK is besig om sending- en barmhartigheidsdiensprojekte te identifiseer waarby beide gemeentes betrokke kan wees. Om bedieningstrukture, soos jeug- en vroueaksies en pastorale werk te integreer, benodig oorleg, want faktore soos tradisies en eie identiteitsgevoelens van beide gemeentes moet in ag geneemword. Die jongste aanbeveling is dat verteenwoordigers van die gemeentes oor en weer in kommissies en besture sal dien".

Ouderling Sauls noem ook dat hul kerkraad beplan om ‘n feestelike geleentheid, om die hoeksteenlegging van 1973 te vier, vir ‘n latere stadium te reël.

(Op die foto verskyn ds Dirk van Dyk, ds Dennis Naidoo, ds Dawid Botha, dr Bobo van Zyl en ouderling Norman Sauls)

Dekades 1973 - 2013 : VG Kerk, Blompark : 40 jaar

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles