Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

NG Kerk Gansbaai

Gedurende 1991 is daar in Pearly Beach met eredienste om 11:00 op elke derde Sondag van die maand begin, wat mettertyd na twee dienste op die eerste en laaste Sondag van die maand uitgebrei het. Vanaf 1994 hou die Pearly Beachers ook kerkbasaar. Kerkdienste, basaars, vroue-diensaksies, ens, is in ‘n “huur”-saaltjie gehou.  Die behoefte aan ‘n eie kerkgebou het al sterker by Pearly Beach-lidmate geword.

In 2001, in ‘n Bybel-studie- en gebeds-groepbyeenkoms, word die lidmate gemotiveer en pak hulle die projek as ‘n geloofsdaad aan. (Bybelstudie-teksgedeelte was 1 Kronieke 29: 20, 21 en die opdrag waarop hulle reageer het was veral koning Dawid se gebed en die bou van die tempel.

Saterdag 14/6/2003 toe die kerk(saal) ingewy is, is alle lof en eer aan God gebring. Die inwyding was ’n trotse geleentheid.Tannie Annasie de Kock, toe die oudste lidmaat in Pearly Beach, het die voordeur plegtig oopgesluit. Verhale is vertel deur gemeentelede uit al die Gansbaai-streke, gereelde besoekers envakansie-”lidmate”, wat almal bygedra het en instrumenteel was in die oprig van die pragtige kerkgebou. Die akoestiek is goed en die eerste gemeentesang was ‘n ervaring!   Ds. Willie Kotze het ’n interessante oorsig gegee oor hoe die uitdra van die evangelie op Pearly Beach begin en ontwikkel het. Hy het genoem dat die eerste setlaars wat in ongeveer 1675 hier verbygetrek het, saans om hul kampvuur huisgodsdiens gehou het en later het die boere van die omgewing onder die melk-houtbome uitgekamp en in die aande saam aanbid en gesing.

Sondag 15/6/2003 was die klimaks van die inwydingsnaweek toe die saal stampvol met meer as 200 kerkgangers was en waartydens die eerste  nagmaal bedien is, met ’n gemeente-ete daarna. Almal was dit eens dat dit onverdiende genade van God was wat dit alles moontlik gemaak het.

In die afgelope tien jaar het die Pearly Beach-kerkie ’n trotse baken en middelpunt van hul gemeenteaktiwiteite geword.   Jaarliks hou Pearly Beach kerkbasaar op die Saterdag van Paasnaweek en dit is verstommend wat die relatief klein gemeenskap met sy vier wyke alles vermag.

Die Pearly Beach-vrouediens bestaan uit vrouelidmate wat slegs bewonder kan word vir dit wat hulle doen en reeds bereik het, want hulle is die spreekwoordelike “gom” wat heg en die kerk en God se koninkryk verkondig.

Die kerkdienste word ook deur persone van ander kerke bygewoon en ondersteun. Veral die Engelse deel van die gemeenskap is reeds sedert die 1990’s baie deelnemend.

Sondag 23 Junie 2013 het Pearly Beach se lidmate gesellig saamverkeer om die inwyding van hul kerksaal 10 jaar gelede op 14 Junie 2003, direk na die oggendiens te vier. Die viering sluit ook die inwyding van hul nuut-aangeboude stoep in.

Gebed: Mag God hierdie gemeenskap en dié kerkgebou van hulle ryklik seën tot sy eer en uitbreiding van sy koninkryk.

(Foto: Kerkraad in 2000)

Dekade : 2003 - 2013 : Pearly Beach se kerkie is 10 jaar oud

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles