Eerste Dekade van ons Gemeenteblad Seestrome

Eerste Dekade van ons Gemeenteblad Seestrome

NG Kerk Gansbaai

Om deur die meesterbundel met die 10 jaar se uitgawes van Seestrome (30) te blaai bring ons by berigte, geestelike artikels, foto’s en onthou-stories wat vertel van ons Gansbaai-gemeente wat graag ’n Hawe van God se Genade wil wees.
Maureen Voigt, wat sedert 2003 betrokke is by die gemeenteblad, het ‘n klompie vrae beantwoord.
♦ Waar kom die naam Seestrome vandaan?
Die naam is reeds in 1995 deur ds NJ en Karin van As en oorlede Martie Fourie (des-tyds skriba) gebruik op inligtingsblaaie wat in die gemeente gesirkuleer is. Met Projek Nette Boet was die naam vir ons baie gepas en daarom is dit behou.
♦ Hoe het Seestrome begin en wat is die doelstellings van die gemeenteblad?
Die lidmate wat deel van die Buvton-werks-winkel in Mei 2003 was (lees Projek Nette Boet-artikel: bl. 8, het in ses taakgroepe ver-deel en elke groep het doelwitte gehad om deur te voer. Ek was deel van die kommuni-kasiegroep, saam met Hennie en Frena de Jongh, Carien Crafford, Bettie Knipe, Dries van Heerden en dr Bobo van Zyl, Hettie Oosthuizen en Hardus Botha het daarna by ons aangesluit. Ons opdrag was om lidmateop hoogte te hou van die vordering van Projek Nette Boet en ander gemeente-sake. Die Sondagbulletin en Seestrome  was ons hoofkommunikasiestukke.
♦ Ons sien die gemeente is in September 2003 deur middel van ’n spesiale uit-gawe ingelig tov Buvton se bevindings en die aanbevelings.
Ongeveer 2 000+ lidmate het die vraelys-te voltooi en dit was dus belangrik dat lid-mate terugvoering sou kry en veral kennis sou neem van bevindings en aanbevelings t.o.v die proses wat vorentoe gevolg sou word. Hettie Oosthuizen het die Buvton-verslae vir ons verwerk en sodoende kon lidmate die terugvoering netjies opgesom in dié Seestrome-uitgawe lees.
♦ Hierdie huidige uitgawe is die 31 ste uitgawe sedert September 2003.  Julle was deur die jare ’n groepie vrywilligers wat sekerlik hard moes werk om die gemeenteblad die lig te laat sien?
Ja, dit is waar, maar die vreugde om na el-ke uitgawe te kon sien hoe God ons ge-meenteblad seën en gebruik tot sy eer, was nog altyd wonderlik.
Die “redaksie” van Seestrome is in 2004 saam met die ander Buvton-taakgroepegeïnkorporeer as deel van die ge-meente-organisasiestruktuur en het as Bediening: Kommunikasie onder die Kommissie: Gemeentebou be-gin funksioneer. Die eerste kom-munikasie-groepie het met die tyd verander, maar met elke uitgawe het die betrokke span met hart en siel aan die uitgawe gewerk. Twee jaar gelede het Elize Eygelaar en Annaleen Swart ook by ons aangesluit. Met dr Bobo van Zyl, Dries van Heerden, Hettie Oosthuizen en Hardus Botha werk ek die langste saam. Dr Bobo van Zyl - hy is ons groot inspirasie - saam met ds. Willie Kotze, ds. Dirk van Dyk en dr. Lizel Joubert het met elke uitgawe gesorg  dat hul artikels (volg van bl 2) die “hartklop” van die blad vorm.
Hettie Oosthuizen is na my mening die grootste by-draende faktor tot die kwaliteit van Seestrome, want met haar ongelooflike taalkundigheid het sy gesorg dat suiwer skryftaal die norm bly. Ek glo nie ons sal Hettie ooit genoeg kan bedank vir haar reusebydrae tot op datum nie! En sonder Dries v Heerden se ar-tikels en gedigte en Hardus Botha se artikels en foto’s sou Seestrome maar kaal en vaal gewees het! Ek sal graag van hierdie geleentheid gebruik wil maak om vir almal reeds genoem en ook ander persone wat die afgelope 10 jaar bydraes tot Seestrome gelewer het baie, baie dankie te sê.
♦   Jy het genoem dat die Feesuitgawe van 2004 vir jou baie spesiaal was. Vertel ons daarvan. Vir my was dit ’n groot voorreg en vreugde om aan dié uit-gawe te kon help werk. ’n Klomp goed het in 2004 bymekaargekom en die feesblad : NG gemeente Gansbaai “60 jaar van gemeente wees” was deel van die feesvieringe. Die hooftema was “God se verhaal met ons . .” en onthou-verhale vanaf 1909 is deur Gansbaaiers vertel en aangevul met gepaste foto’s. Die paar bladsye van Seestrome kon ongelukkig nie naastenby die lidmate, gemeente en kerk se onge-looflike herinneringe en die nalatenskap van ons godsliewende en gelowige voorouers deurgee nie.(Volgende jaar is ons NG gemeente Gansbaai dus 70 jaar oud!)
♦ Seestrome word ook aan die VG gemeentelede uitgedeel? Dit is korrek. Met goedkeuring van die NG kerkraad, wat vir die drukkoste van Seestrome begroot en betaal, word Seestrome sedert Des 2004 ook aan die groepie lidmate van die VG gemeente, Blompark, uitgedeel. Hulle het ook ’n ryk ge-meentegeskiedenis en hulle vier ook hierdie jaar hul pragtige kerkie se 40ste bestaansjaar (lees op bl. 13). Die NG en VG gemeentes loop ’n besondere mooi pad saam, wat na my mening gekoester en uitgedra moet word tot eer van God se koninkryk. Ons is bly Seestrome help daarmee.
♦  Jy is die sameroeper vir die blad. Kan jy sê of daar planne rondom Seestrome is vir die volge-nde 10 jaar? Nie waarvan ek weet nie. Ons bly vir
eers net ’n instrument in God se Hand. Die tye verander so snel en oor wat voorlê, wil ek nie bespiegel nie. Dit sal wel lekker wees om te hoor hoe gemeentelede oor Seestrome voel. En moontlik is daar lidmate met ‘n passie vir hierdie bediening wat ons wil kontak? Ek nooi hulle om skriftelik met ons kontak te maak en briewe by die kerk-kantoor in te handig of te pos na NG gemeente, Seestrome-gemeenteblad, Posbus 1, Gansbaai, 7220. 

(Foto: Hettie Oosthuizen, Dries van heerden en Maureen Voigt)

Eerste Dekade van ons Gemeenteblad Seestrome

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles