Blog

Diens van Barmhartigheid

Diens van Barmhartigheid

NG Kerk Gansbaai

Diens van Barmhartigheid

Om elke dag gevoed, geklee en warm of koel en droog te wees is vir baie van ons ‘n gegewe en deel van ons daalikse bestaan. Ongelukkig is daar baie in ons gemeente en gemeenskap wat nie hierdie voorregte geniet nie en van ander afhanklik is om te help met hul daaglikse behoeftes, fisies en geestelik. Dit is hier waar die Bediening van Barmhartigheid hul nis gevind het en op ‘n dikwels ‘n byna onsigbare wyse poog om ‘n verskil in baie lewens te maak. Die bediening doen hul take onder leiding van Francia van Dyk.

 
Hierondervolg ‘n aantal projekte waarby die Bediening betrokke is:

1. Hulp aan Gansbaai Maatskaplike Diens (Badisa)

• Behulpsaam met insameling en verspreiding van goeie skoon en gebruikte klere. Gevriesde sop in 2liter roomysbakke, porsiegrootte bakkies gevriesde kos/bredies, gesmeerde brode om saam met sop te bedien vorm deel van die voedselverskaffing aan behoeftiges in die gemeenskap. Vrywilligers vanuit die gemeenskap lewer hier n onbaatsugtige diens om deurgans voedsel te voorsien.

• Hulp word verleen met insameling van fondse deur middel van pannekoekbak by die Vrydagmark,kerkdeurkollektes en blikkiesskud op strategiese plekke in die dorp.

• NGK verskaf die kantore aan Gansbaai Maatsaklike Diens gratis.

• Diens van Barmhartigheid borg die administratiewe pos.

2. Hulp aan ons gemeentelede

• Kospakkies. Word saamgestel uit bydraes van gemeentelede of deur aankope uit die NGK se Deernisfonds. Sunet Heyns behartig dit.

Die Deernisfonds word befonds uit kerkkollektes.

• Geldelike hulp net in oorleg met predikante en kerkraad in ernstige noodgevalle.

• Rousmart: Daar word beoog om in elke streek n persoon as deel van die Bediening te hê om bystand te gee aan naasbestaandes by sterfgevalle en veral na die tyd wanneer die leraars weer moet aanbeweeg. Hierdie is n moeilike taak. Daar word gepoog om ‘n geskikte afgetrede leraar in elke streek te kry om te help. (Sunet Heyns tans in beheer)

• Bejaardesorg: Word deur Annetjie van Zyl hanteer

Daar word gepoog om in elke streek n verteenwoordiger te hê wat spesiale aandag aan die bejaardes kan gee in daardie streek. Bietjie saam tee drink, dorp toe neem, inkopies gaan doen vir hulle, ensovoorts. Met ander woorde die alleenheid help verdryf.

Die Bediening is besig om n rugsteunstelsel op te bou waar ons mense kry om behulpsaam te wees om by een persoon betrokke te raak. Tipe van pleegsorg om bejaardes by te staan met meer gereelde etes, vervoer na dokters, winkels, ensovoorts. Uitry- etes voorsien nie nou meer genoeg nie. (Uitry-etes is vir eers gestaak)

Hulp aan gemeente/gemeenskaps lede is ‘n uitdagende, maar vervullende taak. Individue wat betrokke wil raak, skakel asseblief met Francia, selnr 082 551 3613 of die kerkkantoor. Hulp hoef nie op n deurlopende basis te wees nie. Elke bietjie sal help.

•  Huppel-en-kruppelbussies: Sentefonds. Dit word gebruik vir die versorging van ons kinders, bejaardes en gestremdes. Blikkies kan by die kerkkantoor afgehaal word en wanneer vol, weer by die kerkkantoor afgegee word. Die datums waarop vol bussies se inhoud getel word, verskyn in die almanak.

3. Hulp aan straatwerk

Straatwerk word bygestaan deur die bymekaarmaak van koeldrank-,melkbottel en ander plastiekbotteldoppies. Hulle verkoop dit om fondse te in vir hulle behoeftes om die straatmense te help. Doppies kan by die Vrydagmark afgegee word. Onthou, elke bietjie help!

Dankie vir elkeen se hulp, bystand en ondersteuning!

Diens van Barmhartigheid

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles