Blog

Jan Krielskool

Jan Krielskool

NG Kerk Gansbaai

Jan Krielskool

Jan Krielskool is een van die instansies waarvoor NG Kerk Gansbaai 'n geldelike bydrae gee.

 
Boodskap van Jan Krielskool

Baie dankie dat u vanoggend by die deure bydra tot die Here se werk by Jan Krielskool.

Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”. 

Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan bekostig nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is. 

Jan Krielskool is bekroon as die beste “spesiale” skool in Suid Afrika en is die enigste spesiale skool waar leerders met gestremdhede matriek in Afrikaans kan slaag. Hulle skryf ook dieselfde matriek eindeksamen as kinders in hoofstroom skole.

2021 se Matrieks spog met ʼn 98,6% slaagsyfer! En dis nie al nie. Die gesamentlike slaagsyfer vir al die leerders van Graad R tot Graad 11 is 96.6%. Voorwaar ʼn uitsonderlike prestasie vir enige skool. Soveel te meer vir kinders met leergestremdhede!

In 2022 ondersteun Jan Krielskool leerders met die volgende leergestremdhede:

• Spesifieke leergestremdheid - 319
• Outistiese spektrum versteuring - 73
• Hoor gestremdheid - 40
• Mediese toestand - 19
• Fisies gestremd - 2    
• Epilepsie - 10
• Serebrale gestremdheid - 13
• ADHD / ADD - 12
• Swaksiende - 5
• Ernstige angsversteurings - 4

Aantal leerders in 2022: 519

Laerskool: 165

Hoërskool 354

Jan Krielskool neem leerders uit hoofstroomskole wat, na evaluasie deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) na ons verwys word.

Sommige leerders word ook uit ander spesiale skole na Jan Krielskool oorgeplaas. Vanuit Carel du Toit-skool en Tygerberg Hospitaal-skool word leerders met gehoorgestremdhede en ander struikelblokke tot leer geakkommodeer. Sommige spesiale skole soos Paarl-skool en Astra-skool in Kaapstad neem leerders net tot graad 9. Heelwat van hierdie leerders het ook fisiese gestremdhede. Hierdie jaar kon Jan Kriel 30 leerders uit hierdie skole akkommodeer en hul die kans gee om Matriek te verwerf!

Kom leef ons leuse en gee ʼn kind ʼn kans!

Jan Krielskool

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles