Blog

Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

NG Kerk Gansbaai

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar. Ter viering hiervan, met groot dankbaarheid vir 100 jaar van Genade, bied die Baardskeerdersbos Streek ‘n Feesnaweek op 28 en 29 Mei 2022 aan.

Die bestuur van B/Bos Plaasmark het ingestem dat die Feesvieringe mbt Saterdag 28 Mei 2022 deel kan vorm van die bestaande Plaasmark-aanbieding. ‘n Verskeidenheid tafels/stalletjies met tradisionele basaar items sal addisioneel tot die bestaande stalletjies deur die Baardskeerdersbos Streek asook die Plaasbediening van die NG Gemeente Gansbaai bedryf word.

Ten einde waarde vir die besoeker toe te voeg sal die Rummi Cup Orkes en Eddie Barnard, “One Man Band” van Franskraal tydens die Fees optree.

‘n Uitstalling van geskiedkundige memoribillia en foto’s sal, ten tyde van begeleide toere deur Baardskeerdersbos, in die kerkgebou besigtig kan word.

‘n Veiling van onder andere antieke items, ens word aangebied en vir die kinders sal daar ‘n interaktiewe troetelwerf wees.

Sondag 29 Mei 2022 se verrigtinge begin by die begraafplaas met kransleggings, kooroptredes, samesang ens. En direk daarna word ‘n Feesdiens in die Kerkgebou gehou. Ook hier sal verskeie kore optree. Na afloop van die diens gaan daar gesellig saam gekuier word op die kerkterrein.

Baardskeerdersbos Eeufees

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles