’n Eerste op ons nuwe krieketblad!
Laerskool Gansbaai se o.11-krieketspan het op Maandag, 19 Oktober 2026, teen Gansbaai Primêr kragte gemeet.
Hierdie wedstryd was ekstra spesiaal, aangesien dit die heel eerste wedstryd op ons skool se nuwe krieketblad was!
Dit was ’n heerlike wedstryd wat in goeie gees en met uitstekende sportmanskap gespeel is.
Die o.13-krieketspan het ook by Spaces for Sport ’n lekker wedstryd teen Gansbaai Primêr gehad.
Dit was ’n goeie geleentheid vir die spelers om hul vaardighede te wys en die wedstryd met entoesiasme te geniet.
Baie dankie aan Gansbaai Primêr vir twee lekker wedstryde en die goeie sportmanskap!
Mag dit die eerste van vele wees!












