Stapper vir Water

Jimmy Andersen (43) is in Zambië gebore, maar het burgerskap van Denemarke verkry en is sedert 2013 in Suid-Afrika.

Hy beskou homself as ‘n “reggae” musikant en glo dat hierdie musiek, saam met water, oor die krag beskik om mense te verenig. Die wêreldskaarste aan en kommer oor watertekorte lê hom ná aan die hart en sy “projek, “Walk for Water - Cape to Cairo”, sowat 18,000km, beskou hy as sy reaksie op hierdie wêreldwye nood en om nog ‘n dieper bewustheid daarvoor te kweek. Jimmy het onlangs in Gansbaai aangedoen waar hy deur die eienaars van Jimmy Rockets Pub & Grill ontvang en onthaal is. Daar het hy ook ‘n Reggae Dollar by hulle ontvang. Hy het die res van sy staptog op pad na Agulhas vanaf Jimmy Rockets in Gansbaai begin, waar almal vir oulaas gesellig saam met hom verkeer het. Met sy kitaar, wat hy saam met hom dra, het hy ook vir sangmusiek tydens sy verblyf in Gansbaai gesorg.

“There will be so much to follow up on from Cape to Cairo, that I will probably spend the rest of my life traveling up and down the route after the walk is over.  So  it  is  not goodbye…it  is  hallo  to  the new spirit of Africa. A spirit of unity, progress and reasonable distribution of wealth as well as restoration and preservation of the environment and wildlife,” het Jimmy onder andere gesê. “At first walking for water seemed like a simple idea.

However it soon transpired that behind the main type of water problems, lie commercial, political, cultural and environmental complexities, which can't afford to be ignored. These issues of approach, interests, strategies and spirituality are involved. Regarding the water situation we are all in need of charity!” (Walk The Talk, September 2014).  

Hardus Botha

Voor met die kitaar is die dapper stapper vir water, Jimmy Andersen saam met ondersteuners van Jimmy Rockets in Gansbaai