Ouditeur-generaal besoek Overstrand

Ouditeur-generaal besoek Overstrand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die lewe is nie maklik nie, maar doen die regte ding, en die uiteinde sal die aanvang oortref.” Met hierdie woorde het Suid-Afrika se ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, die munisipale amptenare bemoedig wat bevoorreg was om op Dinsdag 20 Januarie 2015 tydens 'n kort besoek aan Overstrand na sy toespraak te luister.

Volgens Makwetu kom “om die regte ding te doen” daarop neer om dissipline toe te pas wanneer finansiële bestuur ter sprake is, om konkrete bewyse te lewer van die projekte/programme wat geïmplementeer is en om alle wette en regulasies na te kom.

Makwetu en sy span onderneem tans 'n landwye besoek aan alle plaaslike owerhede ter aanmoediging van daardie wat nie aan ouditstandaarde voldoen nie, en om te leer van dié wat wel hierdie standaarde nakom.

Na afloop van die 2013/14-boekjaar se oudit is Overstrand weer eens bevoeg en gesond verklaar: 'n Stand van sake wat Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie toeskryf aan 'n voorneme om koste te bespaar en in belang van almal saam te werk, ondanks politieke verskille.

Hierdie mening word deur die munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, ondersteun wat glo dat juis hierdie voorneme van die Raad om die belange van die mense van Overstrand voorop te stel – belange wat aspekte insluit soos volhoubare infrastruktuur, 'n werkende ekonomie, 'n goedversorgde omgewing en die gesondheid en welstand van almal wat Overstrand as hulle tuiste beskou – dit vir munisipale amptenare moontlik maak om dienste van die hoogste standaard te lewer.

Ter afsluiting van Makwetu se ontmoeting met hooggeplaaste munisipale amptenare op die dag van die besoek, is hy en sy span getrakteer op 'n blitsbesoek aan sommige van die vername diensleweringsprojekte in die area waar hulle eerstehands kon waarneem hoe samewerkende staatsbestuur in die Overstrand sy grondslag vind in 'n nastrewing van waardes soos uitnemendheid, aanspreeklikheid, veerkragtigheid en deelname.

Botha-Guthrie het die Makwetu-afvaardiging gegroet met die versekering dat Overstrand vas van voorneme is om aan te hou om daarna te streef om 'n sentrum van uitnemendheid te wees vir almal in wie se diens dit staan – en dat daardie strewe 'n oorneme insluit om jaar na jaar 'n skoon oudit te behaal.

Noluthando Zweni

Ouditeur-generaal besoek Overstrand

Noluthando Zweni

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles