Vra, soek en klop! Verstaan ons dit reg?

Vra, soek en klop! Verstaan ons dit reg?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”  (Mat 7:7,8)

Ons as  Christene, gelowige kinders van GOD,  loop ons dikwels vas teen Bybelverse waar daar vir ons gesê word om net te bid, te vra en dan sal ons ontvang. “As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. (Joh 14:14)  Maar as ons terugkyk op ons gebedslewe sal die meeste van ons tog antwoord dat baie van ons gebede nie beantwoord word nie. Ons pleit by GOD om iemand gesond te maak, dan sterf hy sonder genesing. Ons bid vir verandering in ons land, maar die korrupsie en moorde word net erger. Só kan ons aangaan en baie voorbeelde noem.

Tog het ek al agtergekom dat die baie versoeke wat ek na GOD in gebed gebring het, nie altyd beantwoord word in die lyn wat ek gevra het nie, maar eerder dat daar iets beters gebeur as wat ek vra. “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (Mat 7:11)  Ja, as ons bid gaan ons in ’n staat van verwagting in – ons verwag dat GOD die gebed sal beantwoord. Maar die Vader weet beter – en die goeie geskenke wat Hy gee is wat ons nodig het -  die gawe van volharding, die gawe van die Heilige Gees en die groot gawe van oorgawe – om te weet dat GOD se wil altyd die beste is – en dat Hy gee op Sy tyd. Paulus bid dat die doring uit sy vlees weggeneem sal word en GOD gee Hom genade en nederigheid. (2 Kor. 12:9). Petrus gaan na die bokamer om kos te kry en kry ’n les in rassisme (Hand. 10:13) Ons mag bid om uit siekte bevry te word en GOD gee  die krag om daardeur te gaan. Ja, ons vra, soek en klop (Mat. 7:7) en kom dan met tyd in ’n wonderlike, ewigdurende verhouding met ons Hemelse Vader. Is dit nie die grootste geskenk nie?

Weet jy wat dink ek is die grootste les wat ons kan leer uit aanhoudende gebed? Nie soseer wat ons kry nie maar wat ons word. GOD gee die daaglikse brood en krag vir ons daaglikse lewe – maar Sy grootste gawe is die Heilige Gees wat ons verander om soos Jesus te word.

Hoe meer ons bid hoe meer begin ons luister na Sy stem – die Heilige Gees in ons. Kort voor lank kom ons agter ons lewe al hoe meer binne Sy wil en geniet alles wat ons het met dankbaarheid. Hou dus maar gerus aan om te vra, te soek en te klop!

Vra, soek en klop! Verstaan ons dit reg?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles