Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Uilenkraalsrivierbrug – Baardskeerdersbos – Elim

Die opgradering van die ou grondpad tussen Bredasdorp en Uilkraalsmond (Gansbaai) tot op teerpadstandaard nader voltooiing.  Hierdie projek val binne die paaieonderhoudsgebied van die Overberg Distrikmunisipaliteit en die konstruksie word behartig deur Haw & Inglis (alom bekend as H&I Konstruksie) in opdrag van die Departement van Vervoer Wes Kaap.

Die laaste fase van die projek strek oor ongeveer 30 kilometer van Afdelingspad 1205, vanaf die Uillenkraalsrivierbrug tot in Elim.  Wetstoepassing word in verskillende spoedbeperking-sones gehandhaaf en word toegelig met tydelike waarskuwingstekens en stop/ry-verkeerbeheer.  Die nuwe brug oor die Uillenkraalsrivier net voor kilometer 8 is reeds voltooi en vir verkeer oopgestel.  Nog twee kasduikerstrukture is as variasieorders tot die projek toegevoeg vir verbeterde toegang in die reënseisoen.  Een op AP1211 net buite Baardskeerdersbos by die afdraai na Pearly Beach en die ander oor die Kouerivier sowat 4 kilometer buite Elim op die Spanjaardskloofpad soos mens na Napier reis.

Die padseksies deur Baarskeerdersbos en Elim (hulle ‘hoofstrate’) is reeds geteer, met uitgebreide blokkiesplaveisel- en verfraaiingswerke wat in Elim self aangebring is.  Vanaf die Uilenkraalsrivierbrug tot in Baardskeerdersbos word enkele uitstaande gedeeltes padkonstruksiewerk nog aan die finale gruislaag gedoen in voorbereiding op teerwerke.  Die 20 kilometer teerpad tussen Baardskeerdersbos en Elim is voltooi. 

Teerwerke sal na verwagting einde Mei afgehandel wees en die projek se voorlopige voltooiingsdatum is Junie 2015.  Juniemaand is geoormerk vir die aanbring van padverfmerke, padtekens en afronding aan die padreserwe (die gedeelte tussen die teervlak en die draadheining).

Thea Nefdt

Bredasdorp - Gansbaai Teerpad

Thea Nefdt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles