HaS se emosionele afskeid

HaS se emosionele afskeid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons neem vandag afskeid van ‘n nederige en rustige man wat graag drukkies uitgedeel het,” het een van Herberg-aan-See (HaS) se inwoners emosioneel gesê. Die geleentheid was HaS se inwoners, die bestuur en personeel, asook die Beheerraad se afskeidsfunksie wat vir dr Bobo en Mickey van Zyl gereël is. Dr Bobo het op Sondag, 16 Augustus sy emeritaat van Gansbaai NGK ontvang. “Baie trane het al op hierdie mat geval en vir my is dit byna soos heilige grond,” het dr Bobo gesê terwyl hy na die mat in HaS se sitkamer gekyk het.

John van Rooyen, Bestuurder: HaS, het die verwelkoming namens die Beheerraad en die “Huisgesin” (inwoners) van HaS hanteer. Suster Linda Meyer het ‘n blyk van waardering aan dr Bobo oorhandig, met John wat gesê het: “Hierdie is net voorlopig, die ‘sjokolade’ kom later!” ‘n Inwoner, Christine Jordaan, wat ‘n jarelange pad saam met dr Bobo en Mickey gestap het, het namens die inwoners gepraat. Woensdae se bidure is as baie spesiaal in HaS ervaar. “Die bidure was vir my ‘n persoonlike hoogtepunt en dis daar waar ek gereeld vrede vir myself gevind het,” het dr Bobo gesê. Die geleentheid is deur enkele Beheerraadslede, wat ‘n lang verbintenis met die egpaar het, bygewoon.

Joe Mangiagalli het ‘n “Thought of the Day” aan die egpaar voorgelees en dit aan dr Bobo oorhandig:

“People are often unreasonable, self-centered - Forgive them anyway; If you are honest, people may cheat you - but be honest anyway; What you spend years to build, someone could destroy overnight - Build anyway; The good you do today, people will often forget tomorrow - Do good anyway; You see, in the final analysis it is between you and God - it never was between you and them anyway.”

Hardus Botha

HaS se emosionele afskeid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles