Belge se oop harte

Belge se oop harte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee Belge, Geert en Bettie Willems is oorspronklik van België, maar woon tans in De Kelders. Hierdie egpaar met “oop harte” het ‘n tyd gelede ‘n welwillendheids-besoek by Gansbaai Primêr afgelê en uit hul eie hulp aangebied waar daar nood kon wees.

Die behoefte aan skryfbenodigdhede is aan hulle genoem. “As deel van hulle projek het hulle daarna hulle vriende in België genader. Hierdie kosbare vriende het besluit om fondse vir skryfbenodigdhede te skenk en die hele projek is via Facebook gekoördineer,” vertel Gansbaai Primêr se skoolhoof, Tommy Wilson.

“Hulle het daarin geslaag om genoeg geld in te samel om 600 volledige stelle skryfbenodigdhede aan te koop.” Hierdie stelle het onder andere penne, potlode, liniale en uitveërs ingesluit. Dan was daar ook ander items soos klei, inkleurpotlode en sakrekenaars. Tommy sê die Gr 5 leerders het op eie inisiatief Kerskaartjies gemaak wat die Willems-egpaar gebruik het om aan hul vriende in België te stuur.

Die Adjunk-hoof, Neil Pedro en ‘n senior onderwyser, Mareesa de Villiers het die ontvangs van die donasie saam met Tommy bygewoon. “Ons by Gansbaai Primêr is baie dankbaar vir hierdie ondersteuning vanuit België, asook vir die goedhartigheid van Geert en Bettie Willems,” het Tommy gesê.

Hardus Botha

Belge se oop harte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles