“Gesoute” vriende

“Gesoute” vriende

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is sekerlik baie ander maniere om mense te ontmoet en dalk vriende te maak, maar wanneer iemand vra om saam see toe te gaan, is die proses soveel makliker en soveel meer aangenaam. Hengel jy van die kant af en jou nuwe kennisse neem deel kan die dag baie aangenaam word want dis jy en jou klompie en dan die nuwe kennisse en seker ook nog van sy familie. Dan is daar die see en alles wat daarmee saamgaan  --  wat meer wil jy hê? Somtyds word jy gevra of een of ander kennis of familielid jou op die boot kan vergesel en dan verander die prentjie so effens. Nommer een vereiste is dat jy die dag op see gaan geniet. Dan, afhangende van jou voorkeure is die feit dat jy hoop om ‘n vissie te vang nogal belangrik. Kom ons sê jy het ‘n gereelde “crew”, dan sal daar slegs plek wees vir iemand anders indien daar ‘n opening beskikbaar is. Verkieslik wil jy iemand hê wat “ken van” hengel en dat hy ook in staat sal wees om op die boot te help. Hy moet ook normaalweg sy eie gereedskap en aas verskaf. Dit alles sal afhang van hoe jou gereelde bemanning daar uitsien en hulle manier van werk.

Kom ons neem aan dat daar wel ‘n opening is en jy wag nou vir die nuwe man om op te daag. Jy sal reeds verneem het of hy aan die kriteria voldoen. Jy weet wanneer ‘n onbekende saamgaan en hy vra “gaan jy terugdraai indien ek seesiek word?” dat hy seker nie ideaal gaan wees nie, maar die res van hom klink heel aanvaarbaar. Oor die aspek van terugdraai is daar nogal meningsverskil van skipper tot skipper. My persoonlike voorneme is, nee, ek gaan nie terugdraai nie. Voor hy die dag begin sal jy hom reeds ingelig het oor of daar ‘n fooi te betaal is en hoe sake op die boot werk. Nou verstaan almal mekaar. Soveel male het dit nou al gebeur dat ek iemand nuut op die boot saamneem water toe en wanneer die dag om is het ek ‘n nuwe vriend gemaak  --  seesiek of te not! Oorspronklik word daar nie veel gepraat nie maar soos die dag aanstap ontwaak almal en die nodige grappe en vertellinge is ‘n welkome ysbreker. Daar moet natuurlik in gedagte gehou word dat die nuwe man (of vrou) ook maar vreemd op die boot is en ook nie seker is van hoe die ander manne hulle gaan gedra nie. So, dis wederkerig.

Die dag op see verloop baie lekker, daar word selfs ‘n paar visse gevang en almal ken mekaar nou beter en die geselskap vloei natuurlik. Dan kom die onaangename taak van boot skoonmaak en die wegpak van gereedskap en natuurlik die deel van die vangste. Hoe die nuwe man meedoen hieraan sal verseker of die nuwe vriendskap gaan hou! Is hy in elk geval ‘n seeman sal hy weet almal doen maar hulle deel. Alles is nou afgehandel, dis tyd om lekker te gesels, te ontspan en so bietjie gek te skeer. Nee wat, jy vra hom sommer om volgende keer weer saam te gaan, d.w.s. as hy nie alreeds self gevra het nie. Nog ‘n welkome nuwe vriend.

Groete, Seemeeu

“Gesoute” vriende

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles