Golden Oldies weer by Strandskloof

Golden Oldies weer by Strandskloof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Golden Oldies Karavaanklub is terug by Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie, met hul regterhand Anje Badenhorst (administrasie) - beslis ‘n teken dat daar heerlik by hulle gekamp word.

Weer eens ‘n bewys dat hulle nie verniet verlede jaar as Traveler en Sanlam se Top Destination Awards in die Walled City in Ratanga Junction as algehele wenner (Goud) aangewys is nie.

Op ‘n vraag aan die voorsitter van die Golden Oldies, Eric Smith of hulle bewus is van genoemde toekenning, is daar dadelik verskeie koerante met relevante beriggewing uitgehaal om te wys en te sê hulle het ook vir Strandskloof gestem en is deeglik bewus van die welverdiende toekenning. “Hierdie keer was ons ‘n raps minder kampeerders as ‘n vorige keer,” het Eric gesê. “Wat interessant is, is die toename in enkellopendes, veral dames, wat lede is en saam kom kamp het.” Nege karavane het hulle Januarie-kamp na Strandskloof meegemaak, waarby 14 lede ingesluit was. “Of ons ‘n groot groep is, of soms ‘n kleiner groep, dit is altyd baie lekker en gesellig, aangesien ons soos ‘n familie bymekaar is.”

Eric is vol lof vir die aandag wat die eienaars aan hulle skenk om dit so aangenaam as moontlik vir hulle te maak. “Die mini-gholfbane is vir ons oopgesluit en ons is onder andere met paaseiers bederf,” sê hy.

“Boonop is die wenners almal met pryse beloon.” Die Golden Oldies Karavaanklub is sowat 28 jaar gelede gedurende Maart 1987 gestig. Hulle was die eerste Golden Oldies Karavaanklub in die land en die lede bestaan almal uit afgetredenes wat reeds met pensioen is. Die kampe word baie informeel aangebied, maar Woensdagaande is dit ‘n “bring-en-braai-aand”, wat ook ‘n kort vergadering insluit.

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za.

Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

Golden Oldies weer by Strandskloof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles