BARC blaf om hulp

BARC blaf om hulp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis die enigste wyse waarop BARC se diere-lede om hulp kan vra - al blaffende! Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) staan dalk heel voor in die ry waar dit aan ‘n tekort van fondse kom. Annalie Jonker en haar span swoeg maand na maand om hul begroting te laat klop. Vir nuwelinge wat dalk nie weet nie, BARC is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009).

“Die ondersteuning van BARC se tweedehandse winkel help baie en ons is opreg dankbaar daarvoor, hetsy met verkope aan die gemeenskap, óf met die beskikbaarstelling van tweedehandse items,” sê Annalie. Hulle sit egter nie agteroor en bedel net geld nie - vele pogings vir fondsinsamelings word gereeld geloods. So is daar nou vir ‘n eerste keer ‘n opwindende BARC Gholfdag wat hulle gedurende die Paasnaweek by Gansbaai Gholfklub beplan. Dit klink nog ver in die toekoms, maar daar word nou reeds vir die gemeenskap en sakelui geblaf om asseblief met ondersteuning, donasies en borgskappe te help. Daarsonder is enige gholfdag vir liefdadigheid tot ‘n mislukkig gedoem. “Ons beplan ‘n ‘Better Ball’ of ‘n ‘Single Stableford’ gholfkompetisie, afhangende van donasies en pryse wat ons gaan ontvang,” sê Annalie. “Voornemende borge word beleefd versoek (“implored”) om R1,000.00 per putjie te borg, asook vir geskenkbewyse en produkte wat as pryse benut kan word.”

Sodanige borge kan dan by die relevante plekke adverteer. Annalie sê die hoofdoel met hierdie projek is om fondse aan te vul vir die versorging van diere wat gered is, om opleiding oor die versorging van diere te verskaf en ook om weer vanjaar ‘n gesubsidieerde sterilisasie-dag aan te bied. BARC bedien sowat 6,500 huishoudings in a area van ±1,000 sq km. Voornemende gholfdag-ondersteuners kan gerus met Annalie in verbinding tree, waar ‘n amptelike skrywe oor die gholfdag ook beskikbaar is.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC blaf om hulp

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles