Wie kan ooit GOD se grootheid verstaan?

Wie kan ooit GOD se grootheid verstaan?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Almal was verslae oor die grootheid van GOD.” (Luk 9:43) 

“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van GOD! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!” (Rom 11:33) 

Ai, as ek so luister na mense wat stry en redeneer oor GOD en geloof, oor wie reg is en wat is die beste dan besef ek maar net weer: Ons sal nooit die grootheid van GOD kan verstaan of bepaal nie. Wat my dan dadelik gerus maak en veilig laat voel, want hoe goed is dit dan nie om oor te gee aan die krag en wysheid van ons Skepper nie!

Julle weet almal hoe groot die walvisse is wat hier by ons rondswem in die see. Hulle is groter as tien olifante saam! En die blouwalvis is nog twee keer so groot soos die Noordkaper (Southern Right Whale)! En die walvis is nie eers so groot soos ’n berg nie. As jy 100 blouwalvisse in een groot emmer kon sit, kon jy een miljoen emmers vol in ’n uitgeholde berg Everest sit!   Maar 100  berg Everest opmekaar gestapel maak net  ’n klein kolletjie op die aarde!

Jy kan een miljoen aardes in die son inpas. Maar die son is maar ’n medium grootte ster en 50 miljoen sonne kan in die super-ster Antares inpas! Sjoe! En as jy op ’n mooi aand in die lug opkyk en na die Melkwegstelsel kyk is dit biljoene sterre, insluitende Antares, sowel asteroïede en komete wat ons Melkwegstelsel vorm. Ons heelal word deur biljoene sulke sterrestelsels gevorm. En nog steeds is daar  meer oop spasie en leë ruimtes in die heelal as sterrestelsels! Die afstand van een sterrestelsel na ’n ander is amper ondenkbaar. En wie het dit alles geskep?

GOD is die Skepper van die heelal! Hy het ’n woord gespreek en alles het ontstaan. Hy is groter as die heelal en is orals teenwoordig – ook nou op hierdie oomblik in jou lewe! En weet jy wat? Hy gee om vir jou! Hy sorg vir jou elke dag. Hy het belowe dat NIKS jou uit Sy Hand kan ruk nie! Al is jy soos ’n sandkorrel, ’n stoffie op die aarde, sê GOD dat jy kosbaar is! (Jes. 43:4). Hy het jou lief! (Jes. 62:4 en Joh. 3:16)

Hou op, net daar waar jy is, om jou oor alles te bekommer en te wonder wat gaan gebeur! GOD, ons Vader, is in beheer! Hou op om te stry met ander oor geloof, want jy weet dat die verlossing in Jesus Christus, jou vrymaak van sonde en jou ’n oorwinnaar maak. Jy het alles wat jy nodig het – ja, net wat jy nou het, is waarmee GOD jou seën en die beste kom nog! Gee jou hele pakkie aan Hom oor en begin om elke dan  voluit te leef met die liefde van Jesus in jou hart.

GOD is GROOT! GOD is GOED!

Wie kan ooit GOD se grootheid verstaan?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles