Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 18 Desember 2015 het die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging plaasgevind en ten spyte daarvan dat dit die perfekte dag was om op die strand deur te bring, was die opkoms heel bevredigend.  Besluite kon geneem en ‘n bestuurskomitee kon verkies word. Twee lede van die 2015 bestuurskomitee het weens werkdruk bedank en Engelize Otto is intussen gekoöpteer. Johan van der Colf en Archie Chambers is tot lede van die 2016 bestuurskomitee verkies.

Die lede van bestuurskomitee vir 2016 is as volg: Theuns Roodman (Voorsitter), Fanie Bothma (ondervoorsitter), Piet van Zyl (sekretaris) en Archie Chambers (tesourier). Mariaan Burger, Engelize Otto, Flaffie Barnard en Johan van der Colf is bykomende lede.

Tydens die AJV het Willem van der Merwe die belangrikheid van die Franskraal Buurtwag aan die lede oorgedra en die vereniging is baie dankbaar vir  reuse taak wat Willem en sy helpers verrig. Franskralers wat by die Buurtwag wil aansluit is welkom om vir Willem te skakel by 083 791 8497.

Een van die pligte van die FB&Ivereniging is die instandhouding van die Grootmelhoutwandelpad. Gewoonlik is die munisipaliteit ons baie behulpsaam hiermee, maar die inwoners moet ook hulle deel bydra.  Die bestuurskomitee het besluit dat die verkenning van die wandelpad ’n ideale geleentheid is om mekaar beter te leer ken en die roete sommer ‘n bietjie oop te knip. Verlede Woensdag, 10 Februarie, het hulle, gewapen met snoeiskêre en ‘n saag of twee, in die pad geval. Twee lede kon ongelukkig nie saam stap nie, maar van die manne se beter helftes en ‘n  vriend het saam gestap.  Interessante inligting aangaande fynbos, bome, slange, spinnekoppe, miere en vele meer is uitgeruil, die pad is gangbaar gemaak en heelwat planne vir verdere opknapping is beraam.

Die vorige webwerf het verval, maar ons is nou deel van die xplorio webwerf. Daar is nog nie baie nuus of foto’s op die nuwe webwerf nie, maar ons is hard aan die werk daaraan en binnekort sal die skakel http://xplorio.com/gansbaai/franskraal-ratepayers-residents-association/ jou op ons stoep laat beland.

Die FB&I vereniging nooi Franskralers uit om aan te sluit. Skakel gerus vir Theuns (028 388  0188) of Archie (082 468 8765). 

Mariaan Burger

Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

Mariaan Burger

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles