Lees... Luister... Leer... Lewe!

Lees... Luister... Leer... Lewe!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Efesiërs 2:4  Maar GOD is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.

Ef. 2:5  Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!

Ef. 2:6  Ja, in CHRISTUS JESUS het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,

Ef. 2:7  sodat GOD ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in CHRISTUS JESUS aan ons bewys het.

Ef. 2:8  Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van GOD.

Ef. 2:9  Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Ef.2:10  Nee, GOD het ons gemaak wat ons nou is: in CHRISTUS JESUS het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Doen die volgende saam met my, asseblief. Lees hierdie gedeelte hierbo stadig deur. Probeer om elke sin te verstaan. Vra jouself dan af wat dit vir jou beteken.

Nou doen jy die volgende saam met my. Vra die HEILIGE GEES om jou gedagtes helder te maak sodat jy die volle betekenis van GOD se Woord in hierdie gedeelte kan verstaan. Doen dit eers voor jy weer die gedeelte lees. Lees die gedeelte nou biddend en stadig deur.

Kom jy agter dat daar dele is wat nou meer vir jou uitstaan en selfs vir jou nuwe betekenis kry? Skryf dit vir jouself neer in kort sinnetjies.

Jy sien, my vriend, vriendin. GOD se Woord is regtig deur die HEILIGE GEES geïnspireer en het groot waarde om jou in die waarheid te lei en op die regte pad te hou (2 Timoteus 3:16,17) Maar dan moet jy GOD se Woorde LEES, LUISTER wat die HEILIGE GEES vir jou wil sê, daaruit LEER en dit in jou daaglikse lewe gaan LEEF! Jy hoef nie dik boeke van geleerdes te lees om die Bybel te verstaan nie. GOD sal self deur Sy HEILIGE GEES jou lei om tot die ware insig te kom. Maar dan moet jy die Bybel biddend lees! Probeer dit gerus elke keer as jy Bybel lees.

Besef jy wat GOD in hierdie gedeelte vir jou wil sê? GOD se goedheid is só groot en Hy het jou só lief dat Hy jou uit jou dooie, doellose lewe gered het en nuut gemaak het sodat jy verseker kan weet jy het ’n ereplek by Hom in die hemel! Verstaan mooi dat jy regtig NIKS gedoen het om dit te verdien nie en jy hoef nie iets te doen om gered te word nie – behalwe om te glo Hy het alles gedoen deur die dood en opstanding van Sy SEUN, JESUS CHRISTUS! As jy  glo dat JESUS vir jou alles gedoen het om jou te red sal jou daaglikse lewe van dankbaarheid dit wys! Dit is waarvoor GOD jou geroep het op hierdie aarde!

Lees... Luister... Leer... Lewe!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles